20.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


18 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Tuisblad-argief

15.05.12

Tuisblad van 15 Apr '12

14.05.12

Tuisblad van 14 Apr '12

11.05.12

Tuisblad van 11 Apr '12

10.05.12

Tuisblad van 10 Apr '12

09.05.12

Tuisblad van 09 Apr '12

18.05.2012

© Le Roux van Schalkwyk

Politiek en Nasionale Nuus
Wang hier om betrekkinge te bou

Die verdere ontwikkeling en verstewiging van betrekkinge tussen die regerende partye van Namibië en China is volgens mnr. Wang Gang, een van die hoofredes vir die besoek van die Chinese afvaardiging aan Namibië.   Lees meer

Hoofstories

Gesondheid
Nóg ’n kraamsterfte

Nog ’n ma het vermoedelik weens kraamverwante komplikasies in ’n staatshospitaal in die land gesterf. Sy het in kraam gegaan ure nadat die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste verlede Vrydag op ’n noodvergadering die dood van ’n Windhoekse ma en haar baba weens vermeende nalatigheid bespreek het.   Lees meer

© Le Roux van Schalkwyk
Howe
Vries is nie vry

Die stasiebevelvoerder, een van die beskuldigdes in die selmoord-saak van Noël Thompson (42) in 2007 op Keetmanshoop, is Woensdag op die klag teen hom vrygespreek. Regter Nate Ndauendapo het hoofinsp.   Lees meer

Nuus

Algemeen
Paaie eis vier lewens

Twee jong mans het gister die lewe gelaat toe hul voertuig van die Simon de Witt-brug in Windhoek afgery het. “Die motor het sowat 80 m deur die lug getrek en in TransNamib se erf te lande gekom, waar dit ’n sekuriteitshuisie getref het,” het superintendent Gerry Shikesho, adjunkhoof van Windhoek se stadspolisie, gesê.   Lees meer

Algemeen
Nudo bekommerd oor sy toekoms
© Republikein

Die National Unity Democratic Organisation (NUDO) het glo nie sy werkers verlede maand betaal nie, omdat die party se skoene vol finansiële klippies is. Volgens Nudo se direkteur van verkiesings, mnr. Meundju Jahanika, het die party ’n geskiedenis van die wanbestuur van geld.   Lees meer

Gesondheid
Kraamsterftes loop deur onder skerp kritiek
© Republikein

In 2012 moet vroue nie bang wees om geboorte te skenk nie. Swangerskap moet gaan oor die feit dat ’n nuwe lewe die wêreld ingebring word, en nie dat ’n vrou die risiko loop om te sterf nie.   Lees meer

Algemeen
EPZ-gebiede onder die loep

’n Ondersoek gelas deur die Ministerie van Handel en Nywerheid moet vasstel hoe gepas en funksioneel Namibië se benadering tot uitvoerprosesseringsones (EPZ’e) is om beleggers te lok en terselfdertyd voordele vir die ekonomie en inwoners te verseker.   Lees meer

Algemeen
Meld korrupsie aan, sê President
© Republikein

Dit kan met sekerheid gesê word dat die Regering en die Kantoor van die President oorgehaal is tot aksie om korrupsie in die land te beveg, volgens ’n verklaring wat Dinsdag deur Staatshuis uitgereik is. Mnr. Mukwaita Shanyengana, spesiale raadgewer van die President oor mediasake, ...   Lees meer

Algemeen
Rooi Kruis is 20 jaar oud
© Nampa

Die Namibiese Rooikruisvereniging (NRCS) het tydens ’n galadinee in Windhoek waartydens die vereniging se 20ste bestaansjaar gevier is, meer as N$50 000 in skenkings ingesamel.   Lees meer

Politiek en Nasionale Nuus
Nujoma oor tweede ‘vryheidstryd’
© MARLIZE RAUTENBACH

Harde werk saam met goeie onderrig en opleiding is volgens Namibië se stigterpresident en die Vader van die Nasie, mnr. Sam Nujoma, die antwoord op armoede en ander uitdagings wat die land steeds in die gesig staar. Wat die lesse van die verlede betref, ...   Lees meer

Algemeen
Beendere bly op slagveld
© VERSKAF

In die strate van Luanda gee Neil MacLeod sy Toyota Land Cruiser vet en sy voorste buffer druk amper teen die polisievoertuig voor hom. Agterin sit die sewe Suid-Afrikaners wat ure tevore by hul kampeerplek omtrent 400 km suid van die stad aangekeer is, op pad na wie weet waar.   Lees meer

Kollig
Laaste dag om vir WMD te registreer

Die Fête de la Musique, soos dit genoem word in die land van oorsprong Frankryk, word vanjaar vir die 17de keer in Namibië gevier en staan hier bekend as Wêreldmusiekdag (WMD). Dit word op Saterdag 16 Junie in Windhoek, op Swakopmund, Oshakati, Katima Mulilo en Keetmanshoop gehou.   Lees meer

Kollig
Lui die foto’s ’n klokkie?

Weens die gebrek aan opgetekende inligting oor gewilde plaaslike musiek is die Stolen Moments argief- en navorsingsprojek op die been gebring. Dit maak op Namibiërs se kennis en geheue staat om onder meer die mense en musiek van vergange jare te identifiseer.   Lees meer

Kollig
Mondial Cabaret betower

Die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) is volgende week die gasheer vir ’n betowerende kabaretvertoning: Mondial Cabaret. Dié tweeman vertoning van Frankryk maak gebruik van die tradisie van gewilde kabaretmusiek, sang, dans, towerkunsies en burleske ...   Lees meer

Kollig
Voices of Namibia hou galadinee

Voices of Namibia is ’n koor wat tans uit 38 persone bestaan wat in November van oral in die land oudisies afgelê het om by die koor aan te sluit. Die afgelope vyf maande is die groep druk besig met voorbereiding om aan die Wêreldkoorspele in Cincinnati, Amerika te gaan deelneem.   Lees meer

SMS'e
SMS’e

Dankie vir nuwe lone. Die inspekteurs moet al die klein plekke ook gereeld ondersoek en mooi kyk na die arme sekuriteite. Ek hoop julle is ook gelukkig. Julle verdien ’n goeie salaris. Kan iemand ons tog help asb (Mariental). Die munisipaliteit is so onregverdig teenoor sekere inwoners.   Lees meer

Ek sê maar net
Tant Lenie wink weer in die poorte van die Etosha

Hier in die naweek van Moedersdag mis ek vir Bella van Taleni. Sy’s nog maar ‘n moeder in wording in die diereryk en die Taleni is nie net ‘n verbuiging op die tant Lenie (ta’ Leni) uit my seunsjare nie. Daai Lenie was ‘n eie ma. In die menseryk is Taleni ...   Lees meer

Toerisme en omgewingsake
Dood langs die Linyanti
© Republikein

Die MaKololo’s was oorspronklik woonagtig in die Oranje-Vrystaat van waar hulle hulle na vele omswerwinge onder hul kaptein Sebetwane gedurende die 1830’s in die Zambezi-gebied gevestig het.   Lees meer

Die Mark
Eindelik! 4G is hier
© Marlize Rautenbach

MTC het Woensdag geskiedenis gemaak toe Namibië die tweede land in Afrika geword het om 4G LTE-tegnologie kommersieel in gebruik te neem. Die aflaaispoed van data sal so hoog as 100 megagrepe per sekonde (Mbps) wees, terwyl oplaaispoed van 50 Mbps bereik kan word.   Lees meer

Die Mark
Bouwerk skop af aan Maerua se nuwe baadjie
© Marlize Rautenbach

Die opknappingswerk, aanbouings en nuwe parkeerplekke by die Maerua Mall-inkoopsentrum in Windhoek, is goed op dreef.   Lees meer

Die Mark
Transformasie in die werkplek: EEC moet opskud
© Uerikoha Tjijombo

Veertien mense wat verskillende sektore in die arbeidbedryf verteenwoordig, is verlede week ingesweer om in die Arbeidgelykheidskommissie (EEC) te dien. Gelyke verteenwoordiging tussen mans en vroue was die wagwoord met een gestremde persoon wat ook as kommissielid verkies is.   Lees meer

Die Mark
Okahandja ekspo groei

Die toerisme- en landbousektor, klein en medium sakeondernemings (SME’s) en motorhandelaars was van die sektore wat goed verteenwoordig was by Okahandja se vierde ekspo wat deur byna 6 000 mense besoek was.   Lees meer

Die Mark
Namibië, Finland beoog om handelsleer saam te klim
© Uerikoha Tjijombo

Onderhandelinge word tussen Namibië en Finland gevoer om handelsverhoudinge te verstewig. Die sektore wat hoog op die lys is, is onder meer handelsverwante infrastruktuur, die voedselsektor en die inligting- en innovasiesektor.   Lees meer

Sport
Rundu hou duime vir United Stars
© Boet Matthews

Die fluitjie in MTC se Premierliga sal môre vir die laaste keer blaas vir twee van die twaalf spanne wat in die 2011/2012 sokkerseisoen meeding. Met net 14 ligapunte is Hotspurs reeds gerelegeer, terwyl United Stars en Eleven Arrows, albei met 17 punte, ...   Lees meer

Sport
Nie almal het afsprake in Londen nie
© Republikein

Die vyand is nie sport nie, die vyand is ’n gebrek aan kommunikasie of soos dit soms genoem word, swak skakeling. In sommige gevalle is die vyand opkikkers. Glo dit as jy wil, want dit is nogal in ’n tydvak waar die ganse internasionale sportarena voorberei vir deelname aan die Olimpiese Spele.   Lees meer