Japan
Japan

’Stille moordenaar' van Namibiese kinders

Skerp styging in gevalle
Wanvoeding moet verstaan word as die inname van onvoldoende voeding.
Jemima Beukes
Japan het twee projekte verleng om voeding- en beskermingsdienste aan Namibië se kwesbare vroue en kinders in Omaheke, Khomas en Kunene te verseker.

Die projekte met ’n gesamentlike waarde van N$23,5 miljoen sal dien as ’n noodreaksie tot die land se mees kwesbare huishoudings wat erge voedselonsekerheid ervaar.

Dit volg in ’n tyd waarin Namibië ’n skerp styging in gevalle van wanvoeding ervaar, met ten minste 45 kinders wat verlede jaar in Omaheke aan wanvoeding gesterf het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is die vennoot wat verantwoordelik is vir die implementering van die projek vir die volgende 12 maande en in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. Altesaam N$9,3 miljoen is geoormerk vir die verhoogde toegang tot kwaliteitvoeding en beskermingsdienste aan kwesbare gemeenskappe.

Intussen is N$14,2 miljoen beloof vir ’n projek wat ten doel het om veerkragtigheid te verhoog en die impak van klimaat op kwesbare inwoners in Kavango en Ohangwena se lewensbestaan, sowel as voedsel- en voedingsekerheid doeltreffend te bestuur. Die jaar lange projek sal deur die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) in samewerking met die ministerie van landbou, water en grondhervorming geïmplementeer word.

Volgens Japan se ambassadeur in Namibië, Hisao Nishimaki, het Japan in totaal vyf projekte ter waarde van N$37 miljoen in samewerking met die WHO en drie projekte ter waarde van N$40 miljoen saam met die FAO in die land geïmplementeer.

“Die behoefte aan ondersteuning in die gesondheid- en landbousektor is groot aangesien almal gesondheidsorg benodig. Meer as 70% van die Namibiese bevolking is direk of indirek van landbou afhanklik. Japan se ondersteuningsbegroting het in dié verband die afgelope drie jaar FAO-aktiwiteite in die land ondersteun.

“Ek doen dus ’n beroep op streekgoewerneurs om in harmonie met die gemeenskappe te bly en hulle te motiveer om te verseker die kennis en toerusting wat hulle ontvang word optimaal gebruik. Dit is nie net om te verseker dat hul eie lewensbestaan verbeter nie, maar ook dat die kwessie van voedselsekerheid in die streke verbeter,” het hy gesê.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het tydens dieselfde geleentheid gesê wanvoeding teister verskeie gemeenskappe in die land.

Volgens hom is dit buiten die gebrek aan kos ook die gebrekkige inname van voedsame kos. Shangula sê dit vra vir ’n holistiese benadering met verskeie sektore wat saamwerk om die kernoorsake te takel.

Hy het beklemtoon kinders is veral kwesbaar vir wanvoeding en word die hardste hierdeur getref.

“Omdat dit met ’n gebrek aan kos te doen het, beteken dit ons vertrekpunt is om te verseker dat mense toegang tot genoeg kos het. Dit beteken gesinne en gemeenskappe moet toegang hê tot onder meer die grond en toerusting om voedsel te produseer. Dit beteken mense moet voorsien word van die nodige vaardighede om voedselproduksie op huishoudelike vlak te verbeter,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 303.98/OZ DOWN -0.0125 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0266 | Zinc US$ 2 879.00/T DOWN -1.08% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0393 | Platinum US$ 949.03/OZ DOWN -0.0003 Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 303.98/OZ DOWN -0.0125 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0266 | Zinc US$ 2 879.00/T DOWN -1.08% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0393 | Platinum US$ 949.03/OZ DOWN -0.0003