Naked
Naked

Kaalbasse op Big Daddy

Ellanie Smit
Besoekers aan Sossusvlei in die Namib Nasionale Park is verstom en geskok gelaat nadat hulle op ’n groep toeriste sonder ’n draad klere afgekom het wat besig was om foto’s van hulself op die duin, bekend as Big Daddy, te neem.

Laasgenoemde is die hoogste duin in die Sossusvlei-omgewing en wat een van Namibië se toptoeristebestemmings is.

’n Foto en ’n video van die kaal toeriste word wyd op sosialemedia- en WhatsApp-toerismegroepe versprei.

Die Namibiese Toerismevereniging (Fenata) se adjunkvoorsitter, Kenneth Nependa, sê hy was geweldig geskok toe hy die video en foto’s op een van dié groepe sien.

“Dit was ’n kwessie van ‘wat de heng gaan nou aan?’ Ek het ’n bietjie van die inligting gelees wat gedeel is, maar ek weet nie waar en hoe dit gebeur het nie,” het hy gesê

Nependa het dit nie net as ’n skokkende voorval beskryf nie, maar gesê dit is walglik dat toeriste na Namibië kom en dink hulle kan net doen waarvoor hulle lus is.

“Ek bedoel, ons het toeriste wat graffiti op Boesmantekeninge in die Spitzkoppe skryf, toeriste wat aan die bome in Dooievlei hang. Ons het kennisgewingsborde opgesit om toeriste te leer om nie op die bome te sit of aan dit te hang nie. Nou het ons toeriste wat Big Daddy uitklim, ’n baie bekende en gewilde duin vir families en plaaslike inwoners en toeriste en hulself kaal uittrek!”

Volgens Nependa is dit teen die wet in Namibië.

“Dit is openbare onsedelikheid. Dit is regtig iets wat nie veronderstel is om in ons parke toegelaat te word nie. Dit is nie veronderstel om enige plek in Namibië toegelaat te word nie, want dit is eenvoudig ’n skande, dit is baie siek en is regtig ’n swak beeld vir Namibië.”

Hy het gemaan die voorval gaan Pandora se kis oopmaak en toeriste lok wat dink om “miskien van Big Daddy te valskermsweef, omdat hulle dink dit word toegelaat om al hierdie vreemde goed in Namibië te doen”.

Nependa het gemaan die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme moet die voorval baie ernstig opneem.

“Dit het helder oordag gebeur en besoekers het hulle gesien. Die ministerie moet regtig iets sê en toeriste waarsku dat, sou dit gebeur, die reg sy gang sal loop.”

Hy sê as die ministerie as beherende liggaam nie ’n sterk boodskap aan toeriste uitstuur nie, hulle gaan dink die optrede deur die kaalbassers word goedgekeur.

“As hulle niks sê nie, gaan almal dink dit is oukei om Big Daddy toe te gaan en ’n skemerkelkie kaal te geniet. Of na ’n watergat in Etosha te gaan en kaal rond te hardloop omdat niemand teen dit optree nie, niemand maak sy mond oop teen dit nie, so ons kan dit maar net doen.”

Volgens hom besoek ander toeriste die land om die natuurskoon te geniet.

“Hulle kom nie hiernatoe om dinge kaal te geniet nie.”

As toeriste die video en foto’s op sosiale media oor die voorval sien, gaan hulle besluit om nie na Namibië te kom nie, sê hy.

“Dit is totaal, totaal onaanvaarbaar.”

Toni K Hart, ’n private gids het op een van die plasings op Facebook gereageer en gesê sy het die betrokke toeriste gesien. Volgens haar is dit totaal hulle besluit om van hul klere ontslae te raak, maar is dit totaal onvanpas om dit in ’n openbare plek en boonop op die bekende Big Daddy te doen.

Die woordvoerder van die ministerie van toerisme, Romeo Muyunda, is vir kommentaar genader, maar het teen druktyd nog nie gereageer nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%