Welwitchia blom ná 34 jaar in Japan
’n Welwitschiaplant wat in 1992 deur navorsers geplant is in Japan se Tsukuba botaniese tuin, wat deur dié land se Nasionale Museum vir die Natuur en Wetenskap bedryf word, het vir die eerste keer ná 34 jaar geblom. Volgens navorsers het manlike welwitschias byna elke jaar geblom, maar oor die afgelope drie dekades het ’n vroulike welwitschia nog nooit in hul kweekhuis geblom nie. Die welwitschia staan in Japannees as 'Kisoutengai' bekend, wat beteken 'verby verbeelding'. Hierdie welwitschiaplant is naby Khorixas gekiek. FOTO NWR
Kyk die video hier: https://q.my.na/15LX
Kyk die video hier: https://q.my.na/15LX


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie