Dr. Godfrey Tubaundule lei die gesprek oor TVET-navorsing in Namibië.
Foto NCRST
Dr. Godfrey Tubaundule lei die gesprek oor TVET-navorsing in Namibië. Foto NCRST

Navorsing ‘belangrik vir vernuwing’

Derde nasionale studente-simposium gehou
Hoë onderwysinstansies, kenners en die navorsingsgemeenskap het byeengekom om kennis uit te ruil.
Augetto Graig
“Navorsing speel ’n belangrike rol in vernuwing. Deur die skepping en voorstel van nuwe kennis, kom nuwe produkte, nuwe prosesse, nuwe dienste en nuwe metodes om take aan te pak.

“Dit is hierdie nuwe maniere van dinge doen wat hoër produktiwiteit, mededinging, massavervaardiging en uiteindelik nywerheidsontwikkeling moontlik maak. In die proses groei die ekonomie en werksgeleenthede word geskep.”

So het dr. Lisho Mundia, direkteur van navorsing en vernuwing in die ministerie van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing, vandeesweek tydens die derde nasionale studentenavorsingsimposium gesê.

Die simposium is by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) aangebied.

Die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) en die ministerie het sedert Woensdag kenners en die akademiese navorsingsgemeenskap bymekaargebring om kennis uit te ruil.

Op sy beurt het dr. Alfred van Kent, uitvoerende direkteur van die ministerie, gesê om nasionale navorsingskapasiteit te ontwikkel, moet Namibië meganismes ontwikkel om jong wetenskaplikes en navorsers te koester om navorsing van hoë gehalte te lewer.

“Navorsers het die geleentheid nodig om navorsing in innoverende produkte, dienste en prosesse te kan omskep,” sê hy.

Die Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpasbare Grondbestuur in Suider-Afrika (SASSCAL) se verteenwoordiger in Namibië, mnr. Panduleni Hamukwaya, het gesê dié klimaatsnavorsingsinstansie bestuur sy navorsingsportefeulje in samewerking met die NCRST, wat ook internasionale wetenskaplikes se besoeke vergemaklik. Studente kry ook deur die twee instansies geleenthede om verder te studeer, het hy gesê.

Die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) se woordvoerder, me. Liami Mbago, het belanghebbendes genooi om by die instansie aan te klop rakende hulp met die toegang tot verdere opleiding, tegniese en beroepsopleidingsentrums (TVET) en kort kursusse oor vroeë kinderontwikkeling en inligting- en kommunikasietegnologie.

TVET-navorsing was een van die fokuspunte tydens die twee dae lange simposium.

Ontleders sê te min navorsing oor TVET word gedoen, en daar is te veel oorvleueling van verantwoordelikhede, soos by registrasie en akkreditasie, aangesien verskeie instansies die prosesse hanteer.

Ander kwessies wat aangeraak is, sluit in vroeë loopbaannavorsing, Namibië se beleid oor wetenskap, tegnologie en vernuwing, inheemse kennis, maatskaplike studies, die omgewing, water en sanitasie, landbou en voedselsekuriteit, gesondheid, ruimtewetenskap en tegnologie asook digitale tegnologie.

Ander vennote sluit in die Konrad Adenauer Stiftung, NamPower, FirstRand Namibia, die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA), en die Internasionale Universiteit van Bestuursake (IUM).

Verskeie innoverende plaaslike besighede vertoon hul produkte by Nipam.

Me. Ludmilla van Wyk het onder meer namens die wetenskaplike afdeling van Bio Dynamics in Windhoek gepraat oor die wetenskaplike toerusting en chemikalieë wat die maatskappy in Namibië versprei.

Mnr. Abner Tomas en sy vennoot, mnr. Petrus Iita, gesels oor Ndaka Mushrooms waar hulle sampioene kweek en verskeie sampioenprodukte vir die plaaslike mark vervaardig.

Mee. Elna Andreas en Negalo Kalilo brei uit oor Nitha’s Manufacturing wat produkte van brandrissies vervaardig, terwyl mnr. Vilho Kalimbo van Thikamapo Biogas praat oor die reeks produkte van houtskool en biologiese gas wat hulle bemark om die gebruik van alternatiewe energie vir koskook aan te moedig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!