FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Duitse astronoom op besoek

Patricia van Rooi

Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer (links) was Vrydag by die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) in Windhoek tydens sy eerste skoolbesoek van sy toer in Namibië. Maurer sal tussen vandag en 10 Oktober meer as 8 000 leerlinge in Namibië besoek as deel van Wêreldruimteweek. Die ruimtevaarder is deur die Duitse ambassade in Namibië genooi om politieke en openbare bewustheid te skep oor die vreedsame en volhoubare gebruik van die ruimte tot voordeel en belang van die hele mensdom en die relevansie daarvan vir wetenskap, tegnologie en navorsing, asook die ekonomiese geleenthede aan te dui. Mauer berei tans voor vir die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se Artemis-sending na die maan, wat vir 2028 geskeduleer is. Saam met hom is joernalis van Republikein, Patricia van Rooi. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer