Yswonderland in die Kalahari

-
-
Francoise Steynberg

Die bergkoninkryk Lesotho en Suid-Afrika spog met sneeu van die Natalse Middellande, Vrystaat, Wes- en Oos-Kaap tot selfs in die Noord-Kaap, maar Namibië se Kalahari het ook soos ’n wonderland van ys gelyk. Op die plaas Rus-en-Vrede, oos van Leonardville, was dit gisteroggend -1 grade Celsius. “Daar was ligte ryp op die lusernland en gras, asook op die Verbena-blommetjies,” sê Wilma de Waal van SeeClearly Photography wat die foto’s van die ysvlokkies met haar selfoon se makrolens geneem het. Sy sê teen 10:00 was dit nog net 10 grade Celcius. 

Kommentaar

Republikein 2026-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer