Windhoek se wolke
Lekker reënbuie het sedert Sondag in en om die hoofstad geval. Gister het 24 mm in Ludwigsdorf uitgesak. "Lieflike reënbuie rondom Windhoek," het die bekende Namibiese skrywer, Hester Steenkamp, op die WhatsApp-groep Weergesprekforum geskryf. Hester gaan op Dinsdag 31 Maart by die KRIT-byeenkoms, deel van die FNB Windhoek Woordfees, oor haar jongste boek, Kreef en Kaiings, gesels. Lees meer op bl.8.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie