‘Swartrante word Groenrante’
Joché Schoeman van die plaas Kameelhoek oos van Helmeringhausen sê “ons het twee onbeskryflike reënjare gehad”. Tydens die vorige reënseisoen het die plaas 512 mm gehad en tot dusver vanjaar 212 mm “en daar kom nóg”. Reënbuie het gister van Dordabis, Stampriet, Maltahöhe, die Kalkplato en Kalkfeld tot Windhoek uitgesak met invloei in die damme van Swakoppoort, Von Bach, Hardap, Neckartal, Naute en Bondelsdam. Vir vandag word verspreide donderbuie vir die verre sentrale Noorde voorspel, maar geïsoleerde buie in die Hardap en ||Kharas. Foto Joché Schoeman


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie