Thomas Reiff het die foto van bo geneem toe hy met sy sweeftuig in die omgewing van Witvlei gesweef het.
Thomas Reiff het die foto van bo geneem toe hy met sy sweeftuig in die omgewing van Witvlei gesweef het.

Suide kry nóg reën, koue kom

Gobabis se krane stywer toegedraai
Die opgaardamme in die Suide, Ooste en sentrale dele se vlakke het effens gestyg.
Francoise Steynberg
Inwoners van Gobabis is dankbaar vir die goeie reënbuie in die dorp en omgewing met die gesamentlike damvlak wat effens gestyg het.

Op die dorp is tussen 34 mm en 38 mm gisteroggend uit reënmeters gegooi en 50 mm op die plot Kranz, wat vier kilometer buite die dorp geleë is.

Op die plaas Voortrekker 12 km oos van Gobabis het 55 mm uitgesak en 50 mm op die plaas Verneukpan, noordoos van die dorp. Noordwes van die dorp is op die plaas Harrem 22 mm gemeet en op Franshoek 18 mm. In die omgewing van Witvlei is 32 mm aangeteken en op die plaas Schonfeldt naby Drimiopsis het 22 mm geval.

Volgens die jongste dambulletin van NamWater is Gobabis se damvlakke kommerwekkend laag. Damvlakke het egter vanaf eergister tot gister gestyg met die Daan Viljoendam wat nou 7,1% vol is, die Tilda Viljoendam 4,7%, die Otjivero-hoofdam 4,6% vol, terwyl die Otjivero-slikdam op 1,7% staan.

Weens die lae damvlakke in die Ooste gaan die munisipaliteit van Gobabis krane stywer vir inwoners moet toedraai met waterbeperkings wat vanaf Maandag toegepas sal word totdat damvlakke styg. Waterbeperkings sal dan tussen 21:00 en 04:00 daagliks plaasvind.

Op Stampriet het 16 mm by die Roots-plaasprojek geval. Op Keetmanshoop het tot 55 mm reën gepaardgaande met hael Dinsdagnamiddag binne ’n uur uitgesak en op die plaas Ditsem is 22 mm gemeet.

Die Nautedam het ook invloei gehad en staan nou op 48,3% nadat dit verlede week 39,3% vol was. In die Suidweste is reën ook op Bethanie gerapporteer.

Al die Suidedamme, behalwe die Neckartaldam, se damvlakke het gestyg. Nadat die Hardapdam oor die afgelope twee dae invloei gehad het, het die damvlak vanaf 11,7% tot 12,7% gestyg.

Die Oanobdam by Rehoboth het ook invloei gehad en vanaf 42,3% tot 44,3% gestyg.

Ná reën in die sentrale streek, het die Von Bachdam se vlak van 11,1% tot 11,3% gestyg en die Omatakodam van 0,4% tot 0,6%. Die Swakoppoortdam is 38,2% vol na verlede week se vlak van 38,6%.

RIVIERVLAKKE

Die Kavangorivier by Rundu het die afgelope paar dae ’n toename in die watervlak van 5,37 m tot 5,45 m aangeteken.

Die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo staan op ’n rekordlae 1,28 m terwyl die Kunenerivier by Ruacana teen 578,1 kubieke meter per sekonde vloei.

Die watervlakke van die Benede-Oranjerivier by Blouputs het gisteroggend 0,56 m gemeet, terwyl die rivier by Sendelingsdrift op 0,4 m gestaan het.

Die Namibië Meteorologiese Dienste het gemaan dat koue toestande vanaf Sondag in die Suide verwag word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%