Stormsterk ooswinde rig skade aan

Tanja Bause
Stormsterk ooswind-toestande het gister Namibië se kusdorpe verrinneweer.

Op Lüderitz het ’n vissersboot op die rotse beland en in Swakopmund is duisende dollars se skade aan infrastruktuur aangerig.

Volgens mnr. Phil Balhao van Lüderitz het die wind Sondagnag omstreeks 04:00 sterk begin waai en teen gistermiddag nog nie bedaar nie.

“Hy het gewaai, maar so teen 04:00 het die dakke begin raas en die stormsterk wind het begin waai, wat nou nog nie opgehou het nie. Dit is chaos. Die sand waai ons deurmekaar. Sulke sterk ooswinde is ongewoon. Selfs die klippe is al die see ingewaai,” het hy spottenderwys gesê.

Die ketting wat die vissersboot Nelita geanker het, het in die wind gebreek en die boot het by Shark-eiland op die rotse te lande gekom.

“Ons kon nog glad nie by die Nelita uitkom nie, aangesien die wind nog te sterk waai. Ons moet wag tot die wind bedaar en dit veilig is om soontoe te gaan. Dan sal ons die omvang van die skade kan bereken en of ons enigiets kan red,” het mnr. Jose Calaca, die eienaar van die boot, gesê.

Hy is hoopvol die wind sal ietwat bedaar sodat hulle by die boot kan uitkom en ondersoek kan instel.

Die B4-pad tussen Aus en Lüderitz is vroeg gisteroggend vir verkeer gesluit en talle vragmotors wat mangaan vervoer moes wag terwyl stootskrapers ingespan is om die sandduine wat op die teerpad gevorm het, te verwyder.

“Die pad is later vir verkeer oopgemaak hoewel die wind aanhoudend sand oor die pad gewaai het. Sandduine het die hele oggend keer op keer oor die pad gevorm en die manne het aangehou om teen die sand te baklei. Hulle sal die hele dag so veg totdat die wind hopelik laat namiddag ietwat gaan lê,” het Balhao gesê.

SWAKOPMUND

Intussen berig Adam Hartman van Swakopmund dat inwoners die wind as die sterkste wind in eeue beskryf.

Die wind het groot skade aangerig.

Mure en heinings het omgewaai en in een voorval het ’n muur op ’n voertuig geval. Dakteëls is afgewaai, boomtakke het afgebreek en restauranttoerusting het omgewaai. Verkeersligte en straatborde het ook deurgeloop.

Die Privaat Skool Swakopmund het sy kinders en personeel huis toe gestuur. Die skool het in ’n brief aan ouers verduidelik dat die wind na verwagting nie teen môre of Woensdag sal bedaar nie en dat hulle die skool moet skoonmaak. Dus sal die skool eers Donderdag weer oopmaak.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief veral vir die ouers van Walvisbaai wat deur die sterk wind gery het om hul kinders by die skool te kry en wat ons moes wegwys. Ons is baie jammer,” lui die brief.

Verskeie restaurante en koffiewinkels het hul eksterne dienste gesluit. Woestyntoer- en vlugoperateurs moes hul toere kanselleer. Behalwe vir die sterk wind was die stof oral – en plek-plek so dik by tye dat dit moeilik was om asem te haal en te sien.

Sigbaarheid is sodanig verminder dat voertuie helder oordag met kopligte aan gery het. Huise en winkels moes deure en vensters, en selfs luggate, toemaak om die stof uit te hou, maar dit was byna onmoontlik. Stof en sand het oral ingekom en alles bedek.

“Dit is ’n oorlas, maar dit is heerlik – dit herinner ons daaraan dat ons in die woestyn woon – in die middel van die winter,” het ’n sake-eienaar gesê. “Dit sal nie vir ewig aanhou nie.”

Verskeie bronne voorspel dat die wind tot Donderdag kan voortduur.

Die Namibië Meteorologiese Dienste voorspel “sonnig en baie warm weer met enkele sandstorms” vir die sentrale kus.

Temperature word voorspel om in die omgewing van 30 grade Celcius te wees. Ander bronne dui daarop dat Maandag se wind van 38 knope (sowat 70 km/h) die ergste vir die week was.

Rukwinde van tot 32 knope (sowat 59km/h) sal tot Donderdag voortduur. Van Donderdagmiddag af sal die weer weer koeler raak.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%