Sopnat Suide
Van die Tsauchab- en Haruchas- tot die Kalf- en die Visrivier in die Suide het geloop, met plase wat oor die naweek tot 50 mm uit hul reënmeters gegooi het. Op die plaas Kareeboomkolk, 65 suid van Rehoboth naby Tsumis-kollege het Jacques W Husselmann binne 30 minute 50 mm gemeet. In die Kalahari is reëntyd prentjietyd, wys Wilma de Waal se pragfoto’s nadat 10 mm op die plaas Rus-en-Vrede, Oos van Leonardville uitgesak het. Soetdoringvlei tussen Bethanie en Helmeringhausen meet 35,8mm, Rondebos 20 km suid van Rietoog 37 mm, Vyeboom noordwes van Maltahöhe 40 mm by die huis, Witwater 60 km noordoos van Helmeringhausen 20 mm, Edenville 50 km suid van Blumfelde 17 mm, Zackenberge sowat 60 km noordoos van Helmeringhausen 18 mm, Orion op die Swartrand-plato 22 mm en Jakkalswater 55 noord van Grünau 8 mm. - [email protected]


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie