Reën, ryp en bibberweer
Terwyl dit in dele van Suid-Afrika sneeu, het die kouefront uit die buurland winterreën, ryp en bibbertemperature vir Namibië gebring.
Nóg ryp word vir vroeg vanoggend, behalwe in die verre Noorde voorspel, volgens ’n weerwaak van die Namibiese Meteorologiese Dienste. Die publiek, kleinveeboere en kwekerye word gemaan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.
Andersins sal dit sonnig en baie koud tot matig wees, maar warm tot baie warm in die verre Noorde.
Gisteroggend is bibbertemperature in die Ooste aangemeld met -9 ºC by Epukiro Omuramba, -8,7 ºC op die plaas Ombuerendende noord van Omitara en -7 ºC langs die Wit Nossobrivier waar die boer dit as “twee onderbroeke-tyd” beskryf het.
In die Gobabis-distrik het boere gesê hul krippe was gevries, maar net oos van Windhoek by die Finkenstein-landgoed is ook -7 ºC gemeet en suid van Windhoek by die Omeya-gholflandgoed -6 ºC. Op die plaas Onverwacht, 20 km suidoos van Dordabis was dit -5 °C.
By Okahandja het dit geryp met -4,3 °C op die termometer.
Op die plaas Keizen tussen Steinhausen en Summerdown het die ryp oral gelê en is -3,5 ºC gemeet, op Aranos -3,2 ºC en Maltahöhe -3 ºC.
In die Suide was dit ook onder vriespunt met 1 ºC op Mariental, Gochas en Stampriet.
Op Rosh Pinah het dit die naweek 17 mm gereën, op Grünau 10 mm en in die omgewing van Helmeringhausen tussen 6 mm en 8 mm. Op Lüderitz, Keetmanshoop, Oranjemund en die Aroab-omgewing het ligte reën uitgesak.
Sneeu is in Lesotho en Suid-Afrika in die Noord-Kaap, die Oos-Kaap, suide van die Vrystaat en KwaZulu-Natal uitgesak met verskeie bergpasse wat vandag in dié provinsie gesluit sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie