Namibië se reënvenster wyd oop
Swaar reën sal nog vandag en môre oor die noordwestelike en sentrale noordelike dele van die land asook in die Zambezi-streek voorkom, waarsku die Namibiese weerkantoor.
Dit volg nadat reënmeters op Oshikango vanoggend 81,2 mm reën gemeet het, gevolg deur Okongo, met 70,9 mm reën en die Hosea Kutako-lughawe, waar dit 69,4 mm gereën het.
Die reënweer sal na verwagting in die komende week verder suidwaarts asook in ‘n suidoostelike rigting uitbrei.
Môre (Maandag 23 Januarie) kan daar ook gedeeltelik bewolkte en bloedige warm weer, met enkele donderbuie, in die ||Kharas- en Omaheke streek verwag word.
Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig warm wees, met geïsoleerde donderbuie, maar verspreide tot wydverspreide donderbuie wat in die Noordweste, Sentrale Noorde asook die Zambezi-streek kan voorkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie