Minder reën tot April voorspel
Sopnat Desember
As gevolg van die verskuiwings van La Niña na El Niño- neutrale toestande, word verwag dat die verhoogde reënval wat gewoonlik met La Niña gekoppel word, sal afneem.
Desember 2025 was ’n buitengewone nat Desember landswyd, maar tussen Februarie en April vanjaar word verwag dat die verhoogde reënval wat gewoonlik aan La Niña-toestande gekoppel word, sal afneem.
Volgens die Climate Watch-verslag van Desember 2025 van die Namibië Meteorologiese Diens (Meteona) in die ministerie van werke en vervoer, het die meeste weerstasies reënvalsyfers aangeteken wat die normale reënval vir die seisoen oorskry het.
“Sommige weerstasies het 60 mm of meer binne ’n dag in Desember ontvang. Die noordelike streke het meer as 300 mm gekry,” lui die verslag.
Die hoogste reënvalsyfers vir Desember is aangeteken by Ongwediva met 460 mm, Uukwiyu Uushona 430,5 mm, Kasheshe 385 mm, Bukalo 383,3 mm, Okaukamasheshe 323,4 mm, Ompundja 320,6 mm, Eheke 311 mm, Omafo 310 mm en Epembe 302 mm.
Die Noordweste en die grootste deel van die suidwestelike streke, insluitend die kusgordel, het droog gebly en reënval van minder as 20 mm ontvang.
Tussen Oktober en Desember 2025 het die meeste dele van die land bogemiddelde reënval aangeteken, “hoofsaaklik gedryf deur aansienlike reënval wat gedurende Desember ontvang is”. In teenstelling hiermee is ondergemiddelde reënval waargeneem oor die verre westelike en suidelike dele.
“Die invloed van die swak La Niña-toestande gekombineer met buitengewoon warmer see-oppervlaktemperature oor die suidoostelike Atlantiese Oseaan en die gunstige suidelike posisie van die Intertropiese Konvergensiesone (ITKS), het gunstige atmosferiese toestande geskep, veral gedurende Desember 2025.”
Meteona sê in vergelyking met die seisoenale voorspelling wat in Augustus 2025 uitgereik is, was die waargenome reënvalpatrone grootliks in ooreenstemming met die voorspelling, met die uitsondering van die suidelike streke wat hoër reënval as verwag ontvang het.
VOORUITSIGTE
“As gevolg van die verskuiwings van La Niña na El Niño- neutrale toestande, word verwag dat die verhoogde reënval wat gewoonlik met La Niña gekoppel word, sal afneem,” volgens die verslag.
“Reënval sal waarskynlik meer veranderlik word, met sommige gebiede wat goeie reën sal ontvang terwyl ander droog kan bly. Plaaslike weerstelsels sal ’n groter rol speel, wat beteken dat swaar reën steeds op plekke kan voorkom, maar lang periodes van wydverspreide reënval is minder waarskynlik.”
Gedurende Februarie tot April 2026 word normale reënval verwag oor die strede van Kavango-Oos, suidelike Otjozondjupa, noordelike Khomas en oostelike ||Karas.
“Die grootste deel van die land sal waarskynlik bogemiddelde reënval ervaar. Die noordelike helfte van die land sal waarskynlik reënval tussen 150 mm en 250 mm ontvang, terwyl die verre westelike en suidelike streke reënval onder 150 mm kan verwag.
TEMPERATURE
Maandelikse gemiddelde temperature vir Desember 2025 dui aan die kusgebiede en die westelike platorand het relatief koel gebly met gemiddelde temperature wat wissel tussen 19°C en 24°C. Aan die ander kant het die suidelike streke die hoogste temperature vir die maand tussen 25°C en 30°C ervaar.
Die sentrale en noordelike streke het effens koeler temperature aangeteken as gevolg van gereelde reënval tydens Desember met gemiddelde temperature wat gemiddeld tussen 2,9 °C en 0.1 °C laer was. Hierdie koeler toestande is nou gekoppel aan bogemiddelde reënval, veral gedurende Desember.
Die suidelike en verre westelike dele van die land is oorheers deur warmer as gemiddelde toestande – tussen 0,7 °C tot 3,1 °C hoër.
“Die vooruitsigte vir Februarie tot April 2026 dui op ’n hoër waarskynlikheid van bogemiddelde temperature oor die meeste dele van die land, met die sentrale, oostelike en suidoostelike dele van die land wat na verwagting normale temperature sal ervaar.”
Warmer temperature is waarskynlik oor die suidoostelike, noordelike en westelike platorand met gemiddelde temperate wat tussen 24°C en 30°C sal wissel. Die streke van Khomas, Omaheke en suidelike Otjozondjupa insluitend die kuslyn, sal waarskynlik koel tot matige temperature ervaar wat wissel tussen 14°C en 23°C.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie