Ligte buie moontlik oor Kerstyd
Damvlakke herstel
Die week van Kersfees Maandag met donderbuie en wolkbreuke in Namibië afgeskop.
Namibiërs het oor die afgelope week reënmeters vol Kersseëninge ontvang met swaar reën wat oor die grootste gedeeltes van die land uitgesak het en met nog neerslae wat vir vandag en môre voorspel word.
In Windhoek voorspel die weerdiens Accuweather ongeveer 9,6 mm reën vir Oukersdag en 3.3 mm vir Kersdag. Op Okahandja waar Claudette Thorburn Coertzen op die Facebookblad Namibië Reën/Weer 22 mm op die dorp aangemeld het en die Kadila-pluimveeplaas buite die dorp 45mm gemeet het, word 4,3 mm vir vandag en 1,8 mm vir Kersdag. Nog reënsyfers wat aangemeld is, sluit in 55 mm op die plaas Sonnleiten in die omgewing van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. By Ombujomenge tien kilometer wes van Wilhelmstal is vanaf 20:00 Maandagaand 14 mm reën gemeet, terwyl 18 mm op die plaas Bergen suidoos van Tsumeb aangeteken is. Dassiesfontein 35 kilometer wes van Mariental spog met 1,5 mm, terwyl Pietersville 40 km suid van Stampriet 52 mm uit die reënmeter gegooi het.
DAMME
Volgens Namwater se jongste dambulletin is die Neckartaldam tans 97,7% vol, waar dit die vorige reënseisoen 77% vol was. Die Hardapdam se vlakke het sedert die vorige reënseisoen van 5,5% na 57,3% teen Maandag 22 Desember gestyg. Nautedam se vlakke het teen Maandag met 50% gestyg in vergeleke met die vorige seisoen van 30,9% na 81,9%. Oanobdam se vlakke het verlede reënseisoen op 31,1% vol gestaan en was Maandag 62,5% vol.
Von Bachdam was teen die einde van die vorige reënseisoen ’n skamele 10,4% vol, maar het Maandag op 82% gestaan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie