Landswye Novemberreën bring seën
Namibië was die hele naweek met wydverspreide reënbuie geseën - vanaf die kus, Kalahari en Namibwoestyn tot plekke in die Noorde, Ooste en verre Suide waar tot 80 mm uit reënmeters gegooi is. Dit was rare strome van seën in November wat riviere laat vloei het. Tussen Usakos en Karibib het die Khanrivier Vrydag die pad oorstroom en 'n brug beskadig wat verkeer vanaf die kus na die binneland ontwrig het. Die foto is op die plaas Wêreldend in die suidelike Namib geneem. Foto Facebook/Wêreldend


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie