Kapok val in die Suide
Kapok en reën van 12 mm het gister by Klein-Aus Vista Lodge naby Aus geval, asook ligte reën op die laas Aruab, 35 km NW van Helmeringhausen. Verskeie reënbuie is in die Suide aangemeld by Keetmanshoop, Ariamsvlei, Oranjemund en op die plaas Plaas Rooiberg in die Maltahöhe-omgewing. Intussen het die Meteorologiese Diens van Namibië 'n weerwaak uitgereik met ryp wat heel waarskynlik vroeg vanoggend in die suidelike, sentrale, oostelike dele kan voorkom, asook in dele van die Otjozondjupastreek. Dit sal baie koud in die Suide wees met buie plek-plek. Kyk na die video van Piet Swiegers van die kapok by Klein Aus Vista by: https://q.my.na/BFOZ
Foto Piet Oelofse
Foto Piet Oelofse


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie