Dit reën en reën....

Henriette Lamprecht
Die Namibiese weerdienste het gewaarsku dat matige tot swaar reënval met kitsvloede Maandag in Otjozondjupa, Khomas, Omaheke, Kavango-Oos en –Wes, asook Zambezi op plekke kan voorkom. Aan die kus word buie en donderbuie ook oor sentrale gedeeltes voorspel. Met gronddamme wat vol loop, riviere wat vloei en reënsyfers wat daagliks oral oor die land aangeteken word, word Namibië se baadjie by die dag groener. In Kavango-Oos het swaar reënval by die groenskemaprojek by die Ndonga Linea-nedersetting tot wydverspreide vloede gelei, met van ‘n kerk, ‘n sokkerveld en die toegangspad tot die skema wat onder water is. Op Ondangwa is die afgelope 24 uur 62 mm gemeet en op die Hardapskema se plotte het swaar wind en weer ‘n tweepuntbesproeiingstelsel omgewaai. Van die reënvalsyfers wat op Weerinligting gedeel is, sluit in 40 mm op Finkenstein buite Windhoek, Haruchas 12 km suid van Gochas 28 mm; Omitara-omgewing tussen 18 en 48 mm; Mareewil tussen Okahandja en Hochfeld 60 mm; Poortje 70 km suidoos van Gobabis 13 tot 26 mm; Zonderloop op Kalkplato 103 km suidoos van Mariental 2 tot 12 mm; Arnhem 20 km wes van Leonardville 10 mm by huis; Wilheben 14 km noord-noordwes van Aranos. 6 mm by huis. Alexandria 40 km noord-noordwes van Aranos 9 mm by huis; 15 km noord van Mariental 55 mm en hewige wind; Dixie 30 km wes van Leonardville 24 mm en Geikous en Komana noordwes van Leonaradville 1 tot 22 mm. Die voorspelling vir die week vanaf vandag tot Saterdag 3 Januarie en soos verskaf deur by #AfriWX voorspel ‘n nat laaste week van 2025 vir die grootste gedeeltes van die land: Windhoek Sun 19 | 30°C 89% Mon 19 | 29°C 100% Tue 17 | 29°C 100% Wed 19 | 29°C 99% Thu 20 | 28°C 99% Fri 18 | 30°C 13% Sat 20 | 31°C Gobabis Sun 20 | 31°C 99% Mon 20 | 31°C 100% Tue 19 | 30°C 100% Wed 21 | 30°C 57% Thu 20 | 30°C 50% Fri 21 | 32°C 41% Sat 21 | 33°C Grootfontein Sun 18 | 28°C 75% Mon 19 | 29°C 60% Tue 17 | 28°C 100% Wed 19 | 25°C 100% Thu 18 | 29°C 61% Fri 20 | 31°C 59% Sat 20 | 30°C 36% Katima Mulilo Sun 19 | 34°C Mon 19 | 33°C 76% Tue 18 | 31°C 100% Wed 18 | 32°C 96% Thu 19 | 33°C Fri 19 | 35°C 84% Sat 19 | 33°C 87% Keetmanshoop Sun 22 | 37°C Mon 22 | 38°C 17% Tue 23 | 38°C 38% Wed 26 | 37°C 18% Thu 21 | 34°C Fri 17 | 34°C Sat 18 | 35°C Luderitz Sun 15 | 24°C Mon 17 | 24°C Tue 18 | 27°C Wed 19 | 27°C 14% Thu 18 | 28°C Fri 19 | 27°C Sat 18 | 27°C Okahandja Sun 20 | 33°C 100% Mon 19 | 32°C 100% Tue 19 | 31°C 100% Wed 20 | 30°C 100% Thu 20 | 31°C 98% Fri 19 | 33°C 50% Sat 20 | 34°C Otjiwarongo Sun 19 | 30°C 88% Mon 19 | 30°C 89% Tue 18 | 27°C 100% Wed 18 | 26°C 100% Thu 18 | 29°C 96% Fri 18 | 32°C 92% Sat 20 | 32°C Omaruru Sun 20 | 33°C 53% Mon 21 | 32°C 95% Tue 20 | 31°C 99% Wed 19 | 28°C 100% Thu 21 | 31°C 89% Fri 20 | 33°C 81% Sat 21 | 33°C Swakopmund Sun 16 | 21°C Mon 16 | 22°C Tue 17 | 22°C 27% Wed 18 | 22°C 30% Thu 17 | 21°C 27% Fri 16 | 21°C Sat 16 | 21°C Tsumeb Sun 20 | 31°C 93% Mon 19 | 30°C 85% Tue 18 | 28°C 100% Wed 20 | 25°C 100% Thu 18 | 30°C 54% Fri 18 | 31°C 81% Sat 18 | 29°C 47% Walvisbaai Sun 16 | 22°C Mon 16 | 22°C 31% Tue 17 | 23°C 21% Wed 17 | 23°C 25% Thu 17 | 21°C Fri 16 | 21°C Sat 16 | 21°C

Kommentaar

Republikein 2025-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer