Altyd hoop op reën
In die hittegolftoestande kyk Namibiërs na die horison om te sien of daar beloftes van reënwolke is. Die weerkantoor voorspel vir vandag enkele donderbuie oor die suidelike, oostelike en noordelike dele, asook die sentrale hooglande. “Wanneer jy donderweer hoor en die reën volg, sien jy hulle kuier op die horison. In die laaste sonstrale sien jy die storie wat hulle vertel en soms word jy oorbluf deur die kleurspel wat hulle ten toon stel,” sê Wilma de Waal van SeeClearly Photography wat die foto geneem het.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie