Vyf sterf nadat weerlig hut aan die brand slaan
Vyf mense waaronder drie kinders is gister dood, nadat die weerlig gister omstreeks 18:00 hul tradisionele hut in die Oneifiyo-nedersetting in die Epembe-kiesafdeling in Ohangwena getref het. Die polisie het die oorledenes identifiseer as Hana Immanuel (18), Victoria Immanuel (16), Matheus Lukas (4). Lutu Kashaalwa (12) en Matheus Phillipus (19). Volgens die polisie in die streek was die oorledenes saam met nog vier mense in die hut toe dit aan die brand geslaan en tot op die grond afgebrand het. Vier mense waaronder drie kinders, kon daarin slaag om te ontsnap en is vir mediese behandeling na die Eenhana-distrikshospitaal geneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie