Salmplaas beplan vir Lüderitz

Akwakultuur sal ingespan word
Noorweë en Namibië se N$8,5 miljard-visboerderyprojek skop na verwagting volgende maand reeds af.
Augetto Graig
’n Noorse en Namibiese maatskappy beplan om vanaf drie liggings in die oop see, noordwes van Lüderitz, hoëwaarde- Atlantiese salm aan uitvoer- en plaaslike markte te verskaf.

African Aquaculture Company (AAC) het Vrydag aangekondig dat hy suksesvol was om ’n buitelandse kommersiële lisensie te bekom om vir die volgende 15 jaar met salm in die see naby Lüderitz te boer.

Daar is geen natuurlike wilde salmspesies wat in Namibiese waters voorkom nie.

Die president van die maatskappy se Namibiese bedrywighede, Clement Kaukuete, sê daar sal op Noorse kundigheid staatgemaak word om so vroeg as Mei te begin en uiteindelik produksie van 100 000 ton per jaar te bereik.

“Die salmplase het ten doel om by te dra tot die sosioëkonomiese vooruitgang van die land deur infrastruktuurontwikkeling, werkskepping en die oordrag van vaardighede.

“AAC verwag om 5 000 werksgeleenthede te skep deur direkte en indirekte waardetoevoeging, volle produksie, interne dienste, logistiek en konstruksie,” skryf hy in Vrydag se verklaring.

Noorweë is ’n wêreldleier in akwakultuur en salmboerdery en die Oslo-gebaseerde maatskappy se direksie van agt sluit Kaukuete as die enigste Namibiër in.

Besonderhede van die N$8,5 miljard-projek is vervat in die omgewingstudie van Julie 2023, wat deur Environmental Consulting saamgestel is.

Dit identifiseer die drie liggings op onderskeie dieptes van 70 m, 115 m en 130 m, elk 1 600 hektaar groot en almal binne die Namibiese Eiland Mariene Bewaringsgebied (Nimpa). Aanvanklik sal N$100 miljoen bestee word om die aflandige toetsfase van stapel te stuur.

Nog N$1,25 miljard sal dan gebruik word om die drie liggings ten volle te ontwikkel, met vier hokke met ’n omtrek van 90 m wat aan die seebodem geanker is. AAC sal ook ’n plek aan land nodig hê, waar die hokke gebou sal word en om onder meer toerusting en visvoer te stoor.

Data sal aanvanklik vir tot 12 maande ingesamel word, om die stelsel beter aan te pas, terwyl Atlantiese salm-eiers vanaf Noorweë deur Suid-Afrika ingevoer sal word.

Gesertifiseerde broeiplekke is noodsaaklik om later toegang tot die winsgewendste markte te verseker, en om vernietigende siektes te vermy.

Ná bevrugting sal eierselle in Noorweë geïnkubeer word en na Suid-Afrika uitgevoer word, waar die visse by ’n salmbroeiplek uitgebroei sal word, wat na verwagting in die Wes-Kaap sal wees, en in ’n varswater-hersirkulerende akwakultuurstelsel gekweek sal word.

Die salm sal teen ongeveer 100 g elk per vragmotor na Lüderitz aangery word. Die maatskappy verwag om eers 50 000 van die jong visse in te voer, gevolg deur nog drie invoere van 75 000 visse elk, binne die eerste drie maande.

Ná ’n suksesvolle aflandige toetsfase sal ’n nuwe, doelgeboude broei- en varswaterstelsel nader aan Lüderitz gebou word, volgens die maatskappy se planne.

Op Lüderitz word die visse per pyp of met die hulp van 'n skip in die hokke ingepomp, waar hulle vir 12 tot 24 maande tot tussen 3 kg en 5 kg elk sal groei.

Die visse sal ingevoerde voerkorrels gevoer word deur middel van ’n voerpyp aan boord van die diensvaartuig.

Onlangse navorsing deur Feedback Global in Januarie het Noorse salmplase in Wes-Afrika daarvan beskuldig dat hulle kleiner pelagiese visse vir visvoer uitroei, terwyl plaaslike inwoners honger ly terwyl hul tradisionele visdieet verdwyn.

Bykomende vrae wat aan Kaukuete gestuur is, is nie teen druktyd beantwoord nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003