Meer as 280 000 afhanklik van kleinskaalse visserye
Stel nasionale plan van aksie bekend
Namibië vier Wêreld-oseanedag op 10 en 11 Junie op Walvisbaai.
Meer as 280 000 Namibiërs se lewensbestaan is afhanklik van kleinskaalse vissery.
Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne stel vandeesweek, in samewerking met die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) en die Benguelastroom-konvensie, Namibië se nasionale plan van aksie vir kleinskaalse visserye bekend.
Die geleentheid vind op 8 en 9 Junie in Swakopmund in die Erongostreek plaas.
Die plan van aksie is noemenswaardig aangesien dit die belangrikheid van kleinskaalse visserye bevestig en ook die land se visbronne as ’n belangrike sosioëkonomiese lewensbestaanopsie, bron van voedsel en voedingsekuriteit vir Namibiërs beklemtoon.
Die ministerie het in 2020 met die proses begin om dié plan te ontwikkel. Dit is gegrond op die vrywillige riglyne vir die versekering van volhoubare kleinskaalse visserye in die konteks van voedselsekuriteit en armoede-uitwissing.
“Meer as 350 verteenwoordigers van sleutelkantore, plaaslike en tradisionele owerhede, rolspelers in kleinskaalse vissery, mariene hulpbrongebruikers en vennote het die ontwikkeling van die plan ondersteun,” het die ministerie in ’n nuusvrystelling gesê.
Ter erkenning van die kleinskaalse visserysektor, word die bekendstelling van die plan gevier en herdenk met 'n jaar van bestaansvisserye en akwakultuur. Dit is ter ondersteuning van die wêreldwye aksieplan vir die ondersteuning van kleinskaalse visserye en Wêreld-oseanedag.
Namibië se Wêreld-oseanedag vieringe vind op 10 en 11 Junie op Walvisbaai plaas met verskeie aktiwiteite wat vir dié twee dae beplan word.
“Die geleentheid en viering het ten doel om die belangrikheid en betekenis van kleinskaalse visserye in Namibië te bevestig; die begrip van die huidige stand van kleinskaalse visserye vir beide binnelandse en mariene visserye te verbeter; bewustheid oor die belangrikheid en lewensvatbaarheid van die sektor te bevorder; en kapasiteitsontwikkeling en ondersteuning vir volhoubare hulpbronbenutting en verbeterde bestuur vir bestaans- en kleinskaalse visserye in Namibië te bevorder.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie