Massas vissermanne bedank
Minister doen beroep op betrokkenes
Minister Derek Klazen sê die misverstand is weens 'n wanbegrip met betrekking tot die toekenning van viskwotas.
Altesaam 612 vissermanne uit 635 wat vir Cavema Fishing, en Hodago Fishing op Walvisbaai gewerk het, en onlangs in massas bedank het, is mislei.
So het die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Derek Klazen, Dinsdag in die parlement gesê.
Hy het terselfdertyd ’n beroep op dié vissermanne gedoen om terug na hul vorige werkgewers te keer.
“Daar blyk ’n gebrekkige begrip en persepsie onder sommige van die betrokke vissermanne te bestaan dat die viskwota waarteen die diens van dié werknemers verseker is, die eiendom van die werkers is, en bly, en verder dat hierdie kwotas oordraagbaar is na waar die werknemers ook al wil hê dit moet gaan,” het hy gesê.
Klazen sê sy ministerie sal in samewerking met die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping die betrokke maatskappye nader om die werknemers terug te neem, en met die werkers om hul bedankingsbriewe terug te trek. Die maatskappye het reeds verlede maand die poste begin adverteer.
Die situasie het reeds in 2015 ontstaan toe NamSov sowat 1 000 vissermanne afgedank het.
Die destydse visseryeminister, dr. Albert Kawana, het in opdrag van die kabinet die visbedryf genader om nuwe werksgeleenthede vir dié werklose vissermanne te vind.
Die vissermanne het weer begin werk, inruil vir viskwotas wat aan die maatskappye toegeken is wat hulle in diens geneem het.
Ooreenkomste tussen die betrokke maatskappye, die visseryeministerie en die arbeidsministerie word elke jaar hiervoor hernu.
Volgens Klazen was daar egter nie werk vir al die betrokke vissermanne nie, en talle is ’n basiese salaris van N$4 000 per maand betaal, sonder om eintlik te werk.
’n Bykomende 212 vissermanne wat werkloos gelaat is sedert die Yslandse vismaatskappye se vaartuie, Salga en Geysir, nie meer operasioneel is nie, moet ook nog werk kry, sê hy.
Intussen het nuwe maatskappye in Walvisbaai sonder visvangkwotas die werknemers van hul vorige werkgewers weggelok, met beloftes van beter salarisse en voordele, sê die minister.
“Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het probeer om die werknemers te oorreed om nie te bedank nie, maar hierdie pleidooie het op dowe ore geval,” het Klazen aan sy medeparlementslede gesê.
“Wat die probleem vererger, is die nuwe maatskappye wat beweer dat hulle hierdie werkers beter salarisse kan bied,” voeg hy by.
Die ministerie beplan ʼn oudit om indiensneming te verifieer; om met die betrokke vakbonde te vergader en die toekenning van betrokke viskwotas te verduidelik; en sal die betrokke vissermanne aanmoedig “om hul werk te beskerm teen gewetenlose elemente wat hulle verhewe drome van groener weivelde bied,” het Klazen gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie