FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Vliegtuigbrandstof weer in voorraad

Augetto Graig

Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het gister aangekondig dat die brandstofvoorraad by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe (HKIA) na normale vlakke teruggekeer het. Beide brandstofverskaffers, Vivo Energy Namibia en Puma Energy, het bevestig dat daar voldoende hoeveelhede Jet A-1-brandstof is om aan die gereelde vraag van alle kliënte te voldoen, volgens die woordvoerder van NAC, Dan Kamati. Na ’n suksesvolle gehaltekontrole wat vandeesweek uitgevoer is, is bykomende brandstof by die lughawe beskikbaar gestel, wat verseker dat alle lugdienste by HKIA sonder onderbrekings bedien kan word, het hy gesê. Geen brandstofhervullings op ander lughawens is nodig nie, “aangesien brandstofaanvullings by die lughawe nou ten volle gestabiliseer het”. NAC verseker alle belanghebbendes dat voldoende brandstofvoorraad beskikbaar is om voortgesette lugvaartbedrywighede te ondersteun. FOTO VERSKAF

Kommentaar

Republikein 2026-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer