No Image Caption

Nuwe spoorlyn kom na Noorde

Vervang Kaapse spoor vanaf Kranzberg tot by Tsumeb, Grootfontein
n Nuwe spoorlyn volgens SADC-standaarde gaan gebou word om die meer as 60 jaar oue infrastruktuur te vervang.
Ronelle Rademeyer
Bouwerk sal na verwagting in 2025 begin aan ’n nuwe spoorlyn vanaf Kranzberg oor Omaruru, Kalkfeld, Otjiwarongo en Otavi tot op Tsumeb en Grootfontein.

Dit sal die bestaande Kaapse spoorlyn met sy spoorwydte van 1 067 mm, beperkende aslading van net 16,5 ton en maksimum toelaatbare spoed van 50 km/h vervang.

Die bestaande spoorlyn is ouer as 60 jaar en tientalle treinongelukke het die afgelope jare langs hierdie roete voorgekom aangesien metaalvermoeiing gereeld breuke aan die spoorstawe veroorsaak.

Volgens ’n inligtingsdokument deur omgewingskonsultante Urban Green wat pas die omgewingsimpakstudie (EIA) voltooi en by die omgewingskommissaris vir ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) aansoek gedoen het, sal die nuwe spoorlyn aan spoorvervoerstandaarde vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) voldoen.

Volgens mnr. Brand van Zyl van Urban Green sal fase 1 die bouwerk vanaf die Kranzberg-stasie oor Omaruru en Kalkfeld tot by die stasie op Otjiwarongo behels.

Fase 2 sal strek vanaf die Otjiwarongo-stasie oor Otavi tot by die stasie op Tsumeb, terwyl die bouwerk vanaf Otavi tot by die stasie op Grootfontein tydens fase 3 van die projek aangepak sal word.

Hy sê hoewel die nuwe spoorlyn grootliks die bestaande roete sal volg, wyk dit tussen Kranzberg en Otjiwarongo op 167 plekke daarvan af. Dit sluit afwykings verder langs die roete uit.

Die afwykings van die bestaande roete het implikasies vir die eienaars van 29 plase, aangesien klein gedeeltes van hul grond vir doeleindes van die nuwe spoorlynserwituut deur die staat gekoop sal moet word.

Van Zyl sê tydens vergaderings met geraakte boere is kommer uitgespreek oor die impak wat ’n toestroming van konstruksiewerkers na die gebied op vee- en wildstropery, ’n toename in die voorkoms van veldbrande en veesiektes soos masels sal hê.

Vee word deur laasgenoemde siekte besmet as hulle wei op plekke in die veld waar menslike ontlasting voorkom.

Van Zyl sê Urban Green het vanweë dié kwelpunte in die EIA-verslag aanbeveel geen oornagkampe moet vir konstruksiewerkers by die bouterrein opgerig word nie, maar dat hulle daagliks daarheen aangery word.

Die verwagting is dat nagenoeg 150 mense uit die omgewing as konstruksiewerkers in diens geneem sal word.

Van Zyl sê aangesien die projek deur die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) gefinansier word, sal ’n onafhanklike omgewingskonsultant aangestel word en plaaseienaars sal direk met hom of haar kan skakel as hulle probleme ervaar.

BESTAANDE SPOORLYN

Meer as N$600 miljoen is reeds die afgelope dekade deur die ministerie van werke en vervoer aan die rehabilitasie van dié spoorlyn bestee, het die Tender Bulletin vroeër vandeesmaand berig.

D&M Rail Construction is aangestel om dié werk te doen.

Mnr. Leon Steyn, projekbestuurder van D&M Rail Construction, het vroeër in ’n onderhoud aan Republikein gesê hy werk al tien jaar op die spoorlyn tussen Kranzberg en Tsumeb.

“Aanvanklik is die spoorlyn opgeknap en nou word opgraderings gedoen op die plekke wat TransNamib as ’n probleem uitgewys het,” het hy verduidelik nadat ’n trein vol swaelsuur in Julie verlede jaar tussen Otjiwarongo en Otavi ontspoor het.

Dit was in daardie stadium die vyfde trein wat binne sewe maande in Namibië ontspoor het.

“Ek hou statistiek vanaf Januarie 2014 van al die breuke in stawe en het tot nou 896 opgeteken,” het hy in daardie onderhoud gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09%