Vliegvelde soos hierdie een by Erindi moet op 1 Oktober vanjaar aan nuwe, streng regulasies voldoen. Foto Erindi
Vliegvelde soos hierdie een by Erindi moet op 1 Oktober vanjaar aan nuwe, streng regulasies voldoen. Foto Erindi

Nuwe eise vir vliegvelde steeds in die spervuur

AOPA: Katastrofe wag op lugvaartbedryf, toerisme
Vir die land se sowat 860 vliegvelde en landingstroke om aan nuwe burgerlugvaartregulasies te voldoen, gaan miljoene dollar kos.
Ronelle Rademeyer
Die voorgenome implementering van nuwe konsepregulasies deur die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) vir vliegvelde en landingstroke in die land was gister in Windhoek onder skoot omdat dit “verreikende negatiewe gevolge vir die lugvaartbedryf asook toerisme en gesondheidsorg in afgeleë gebiede inhou”.

Dit volg nadat die lugvaartbedryf onder leiding van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging (AOPA), saam met ander belanghebbendes soos die toerisme- en jagbedryf wat ook “deur die uiters negatiewe en selfs katastrofiese gevolge” van die voorgestelde regulasies geraak word, met die NCAA vergader het.

Dié owerheid het op 8 November 2018 die gewysigde Deel 139 van die Namibië Burgerlugvaartregulasies (Namcars) in die Staatskoerant gepubliseer. Dit sou aanvanklik op 1 Januarie 2019 in werking getree het, maar ná verskeie uitstelle is 1 Oktober 2022 vir inwerkingtreding bepaal.

Die doel van die regulasies is om alle lughawens en vliegvelde in ooreenstemming met regulasies van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) te registreer.

Dit behels onder meer kommersiële vlugte waarmee toeriste na lodges in afgeleë gebiede vervoer word, mag nie by kategorie E-vliegvelde land nie.

Dit raak sowat 860 vliegvelde en private landingstroke landswyd, waarvan minstens 96 gereeld deur die plaaslike lugvaartbedryf benut word, het AOPA op die vooraand van die vergadering in ‘n brief aan belanghebbendes gesê.

Mnr. Christian Sell, uitvoerende hoof van AOPA, het vroeër vanjaar aan mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, geskryf en ook die bedryf se dilemma verduidelik. In 2018 is 61 000 passasiers na hierdie 96 mees gebruikte vliegvelde vervoer, sê Sell in die brief.

Die vliegvelde word nie net vir die toerisme- en jagbedryf gebruik nie, maar ook vir mediese noodvlugte, wanneer rampverligting verleen word of vir misdaadvoorkoming.

Hy het die minister daarop gewys die onmiddellike gevolge is dat hierdie vliegvelde nie gebruik sal kan as eienaars nie om ’n nuwe permit aansoek doen nie. Daarvoor sal ’n landmeter opnames moet doen en kaarte sal saam met ’n lugvaartkundige opname ingedien moet word. Die eienaar sal moontlik ook ’n omgewingsimpakstudie (EIA) moet laat doen.

“Vir hierdie eienaars om hulle kategorie E-vliegvelde na kategorie D op te gradeer, sal baie geld bestee moet word – iets wat hulle in hierdie moeilike ekonomiese omstandighede nie kan bekostig nie,” het hy in die brief gesê. Dit beteken ook die NCAA moet al hierdie aansoeke verwerk én binne 90 dae die vliegvelde inspekteer.

Sell sê AOPA het verskeie kere met die NCAA vergadering, maar hulle kon nie oor die gewysigde konsepregulasies ooreenkom nie.

Mnr. Riaan Burger, waarnemende president van AOPA, sê gister se konsulterende vergadering is vanweë die belangrikheid daarvan “deur ’n groot aantal belanghebbendes” bygewoon.

“Ons probleem is die groot verskil tussen huidige wetgewing en die nuwe konsepregulasies wat die NCAA wil implementeer.

“Ons vrees dat dit moontlik onbedoelde gevolge sal hê op vliegbedrywighede in die land en natuurlik ook op die jag- en toerismebedryf. As bedryf wil ons met die NCAA saamwerk om hierdie reëls prakties te kry.

“Natuurlik is die veiligheid van elke vlug kritiek belangrik, maar die regulasies moet ook prakties wees,” het Burger benadruk.

AOPA se standpunt is dit sal “beduidende negatiewe gevolge vir die ekonomie hê”.

“Die nuwe konsepregulasies sal bestaande, goed funksionerende regulasies vervang en meebring dat lugvaart na afgeleë gebiede onprakties en buitensporig duur word.

“Boonop sal dit die eienaars en belastingbetalers honderde miljoene dollar kos om die ongeveer 860 vliegvelde en landingstroke te lisensieer en in stand te hou in.

“Dit is ’n onmoontlike taak vir Namibië of enige land met so ’n groot, afgeleë lugvaartbedryf,” sê AOPA.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!