Mutorwa stel nuwe regulasies vir vliegvelde uit
Tree nou op 1 April 2023 in werking
Die nuwe reëls in burgerlugvaart waaraan vliegvelde en landingstroke vanaf Saterdag sou moes voldoen, is vir ses maande uitgestel.
Die voorgenome implementering van nuwe konsepregulasies deur die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) vir die nagenoeg 860 vliegvelde en landingstroke in die land, sal nie meer op 1 Oktober geskied nie.
Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het die voorsitter van die NCAA, mnr. Bethuel Mujetenga, Dinsdag skriftelik in kennis gestel dat hy die inwerkingtreding van die omstrede nuwe regulasies wat tot groot ongelukkigheid in die lugvaartbedryf gelei het, tot 31 Maart 2023 uitstel.
Dit beteken die regulasies sal op 1 April 2023 van krag wees.
Dis die soveelste keer die afgelope vier jaar wat die inwerkingstelling daarvan uitgestel word en Mutorwa sê in sy brief “dit sal baie moeilik wees, indien nie onmoontlik nie” om dit volgende jaar weer te doen.
Die NCAA het op 8 November 2018 die gewysigde Deel 139 van die Namibië Burgerlugvaartregulasies (Namcars) in die Staatskoerant gepubliseer. Dit sou aanvanklik op 1 Januarie 2019 in werking getree het, maar ná verskeie uitstelle is 1 Oktober 2022 as D-dag bepaal.
Die lugvaartbedryf onder leiding van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging (AOPA) het vroeër vandeesmaand opnuut saam met ander belanghebbendes soos die toerisme- en jagbedryf met die NCAA vergader oor “die uiters negatiewe en selfs katastrofiese gevolge” wat die voorgestelde regulasies op hierdie belangrike ekonomiese bedrywe sal hê.
Die doel van die regulasies is volgens die NCAA om alle lughawens en vliegvelde in ooreenstemming met regulasies van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) te registreer. Dit bepaal onder meer kommersiële vlugte waarmee toeriste na lodges in afgeleë gebiede vervoer word, mag nie by kategorie E-vliegvelde land nie.
Dieselfde geld mediese noodvlugte.
Die regulasies raak sowat 860 vliegvelde en private landingstroke landswyd, waarvan minstens 96 gereeld deur die plaaslike lugvaartbedryf benut word, sê AOPA.
Mnr. Christian Sell, uitvoerende hoof van AOPA, het vroeër vanjaar in ’n brief aaan Mutorwa gesê dit sal vir eienaars van kategorie E-vliegvelde miljoene Namibiese dollar kos om dit na kategorie D-standaarde op te gradeer – iets wat hulle in hierdie moeilike ekonomiese omstandighede nie kan bekostig nie.
Mnr. Riaan Burger, die waarnemende president van AOPA, het aan Republikein gesê die bedryf stem met die NCAA saam dat die veiligheid van elke vlug kritiek belangrik is, maar het benadruk die regulasies moet ook prakties wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie