Hoër tariewe ter sprake vir lugvaartbedryf
Operateurs vra vir regverdige verhogings
Die lugvaartbedryf het gemengde gevoelens oor die lugvaartowerheid se planne om lisensiegelde vir die binnelandse bedryf te verhoog, met sommiges wat vrees dat dit hul bedrywighede kan knou.
Ogone Tlhage - Fly Namibia se uitvoerende hoof, Andre Compion, het kommer uitgespreek oor voorgestelde tariewe wat operateurs aan die Namibiese Burgerlugvaartowerheid (NCAA) sal moet betaal, en sê hoewel daar ’n behoefte aan verbeterde regulering is, moet dit nie negatiewe gevolge vir die bedryf hê nie.
Hy het dié opmerkings gemaak ná ’n belanghebbersvergadering wat verlede week deur die NCAA gehou is oor die voorgestelde verhogings.
Die verhogings het betrekking op afdeling 187 van die burgerlugvaartwet se tariefskedule, wat laas in 2018 gewysig is.
Compion het sy menings gedeel en gesê die lugvaartbedryf is onder groter druk om operasioneel te bly.
“Lugvaart in Namibië is tans onder erge druk weens kostestygings op ’n ongekende vlak. Dit kan deels toegeskryf word aan die swak wisselkoers tussen die Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse dollar en die styging in brandstofkoste, maar ook aan nimmereindigende verhogings in tariewe, heffings en belasting,” het hy gesê.
“Die bedryf kan baie min doen wanneer nuwe en verhoogde tariewe daarop gehef word.”
‘MOET ONS NIE VERSMOOR NIE’
Die sektor sal die voorgestelde veranderinge aanvaar, mits dit billik is, het Compion gesê.
“As verantwoordelike burgers aanvaar ons dat ons reguleerders inkomste moet genereer, maar sal daarop aandring dat enige verhogings en nuwe tariewe nie die huidige inflasiekoers oorskry nie, redelik en toepaslik is en slegs gehef word vir werklike dienste gelewer,” het hy gesê.
“Die NCAA het die verantwoordelikheid om te verseker dat lugvaart in Namibië veilig bly en in ooreenstemming met internasionale beste praktyke. Net so het dit ’n verantwoordelikheid teenoor die lugvaartbedryf en die publiek om te verseker dat sy dienste doeltreffend en teen die laagste moontlike koste gelewer word.”
BERAADSLAGING
Matt Totten jr., waarnemende uitvoerende hoof van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging (AOPA), het gesê hoewel die voorgestelde tariewe voorheen verkeerd verstaan is, het die NCAA-vergadering broodnodige duidelikheid verskaf.
“Dit was aanvanklik onduidelik, maar as ons na inflasiedata kyk, lyk dit regverdig. Ek dink die bedryf stem saam, ons moet net seker maak dat die tariefsyfers wat gebruik word korrek is en die korrekte verhogings geïmplementeer word.”
Die lugvaartbedryf sal verder beraadslaag oor die voorgestelde tariefstruktuur, het hy bygevoeg.
“Ons sal duidelikheid nodig hê oor of nuwe tariewe bygevoeg word. Ons het die volgende 10 dae om terug te kom met nuwe aanbevelings.”
Totten jr. het egter kommer uitgespreek oor die vereiste dat vliegtuiglisensies jaarliks hernu moet word, en gesê dit is onbetaalbaar en duur.
Volgens hom moet vliegtuigeienaars jaarliks die lisensies van hul vliegtuie hernu, ’n praktyk wat nie in ander lande van toepassing is nie.
“Dit skep baie uitgawes aan NCAA en vliegtuigoperateurs se kant. Ons moet ons lugwaardigheidslisensies moderniseer, iets waarna ons sal moet kyk,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie