Herstel in lugverkeer ‘indrukwekkend’
Afrika se rederye vaar die swakte
Die wêreldwye verkeer van vlugte is nou op 68,7% van wat dit voor die pandemie was, en word as "indrukwekkend" beskryf.
“Die herstel in lugverkeer is niks minder nie as indrukwekkend,” sê Willie Walsh, direkteur-generaal van die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata), oor rederye se groeisyfers vir Mei 2022 wat nou bykans 70% is van wat dit was voor die Covid-19-pandemie was.
Die totale internasionale verkeer in Mei 2022 (gemeet in Inkomste-Passasier Kilometers of RPK’s) was 83,1% hoër vergeleke met wat dit in Mei 2021 was. Mei 2022 se internasionale RPK’s het 64,1% van Mei 2019 se vlakke bereik.
Die RPK’s, wat die algemene metingsmetode in die lugverkeerbedryf is, word bereken deur die aantal betalende passasiers te vermenigvuldig met die afstand wat afgelê is
Volgens Iata is wêreldwye verkeer nou op 68,7% van wat dit voor die Covid-19-reiskrisis was.
Binnelandse verkeer vir Mei 2022 was 0,2% hoër vergeleke met ’n jaar gelede. Beduidende verbeterings in baie binnelandse markte is egter verbloem deur ’n jaar-op-jaar-daling van 73,2% in die Chinese binnelandse mark as gevolg van Covid-19-verwante dalings in beperkings.
Binnelandse verkeer was in Mei 2022 altesaam 76,7% van wat dit in Mei 2019 was.
Internasionale verkeer het met 325,8% gestyg teenoor Mei 2021. Die opheffing van reisbeperkings in die meeste dele van Asië versnel die herstel van internasionale reise.
Walsh wys in 'n verklaring daarop die sterk resultate in die meeste internasionale en binnelandse markte vergeleke met 'n jaar gelede, wys die vraag na vlugte is vnnig besig om 2019 se vlakke te bereik.
Walsh sê soos wat besprekings toeneem op pad na die piek van die Noordelike Halfrond se somerseisone, duik probleme in die lugverkeerstelsel in sommige van die besigste Europese en Noord-Amerikaanse reisbestemmings op.
Dit word grootliks toegeskryf aan die feit dat ’n groot aantal mense in die bedryf as gevolg van die pandemie hul werk verloor het en rederye nog nie alle poste weer gevul het nie.
Hy sê niemand wil sien dat passasiers aan vlugvertragings of -kansellasies uitgelewer word nie, en beloof dat oplossings dringend geïmplementeer sal word.
“Lugrederye, lughawens en regerings werk saam, maar om die getal werknemers aan te vul om aan die groeiende vraag te voldoen, sal tyd neem en geduld verg daar waar die knelpunte die ergste is,” sê hy.
“Op langer termyn moet regerings hul begrip van hoe lugvaart funksioneer verbeter en nouer saamwerk met lughawens en lugrederye.”
Walsh wys daarop dat nadat regering soveel onsekerheid geskep het tydens die pandemie deur die wyse waarop reisbeperkings ingestel is, het hulle min gedoen om 'n gladde herstelpad moontlik te maak. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie