Vorige taxistakings het ontwrigtende stilstande in openbare vervoer in die hoofstad meegebring. Foto argief
Vorige taxistakings het ontwrigtende stilstande in openbare vervoer in die hoofstad meegebring. Foto argief

Geen hoër taxitarief in sig

Taxibestuurders maak reg vir staking
Die Namibiese Padvervoerraad oorweeg nie op die oomblik enige tariefverhoging vir taxi's nie.
Augetto Graig,Yolanda Nel,Jo-Maré Duddy
Soos sake staan, is die kanse skraal dat ’n verhoging in die taxitarief binnekort toegestaan sal word.

Mnr. Browny Mutlifa, voorsitter van die Namibiese Padvervoerraad, sê geen aansoek vir ’n verhoging word tans oorweeg nie.

Die raad het sowat twee weke laas vergader en die kwessie van ’n prysverhoging was nie op die agenda nie. Die raad vergader gewoonlik elke drie maande, maar kan meermale byeenkom indien dringende sake opduik wat besluitneming vereis, sê hy.

Mutlifa sê hy onthou dat so ’n versoek vroeër vanjaar ontvang is, maar dat hy die versoekende Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) ingelig het oor die regte prosedure om te volg. “Die vakbond kan nie aansoek doen nie; slegs permithouers mag vra vir ’n verhoging. Ek is nie bewus van enige ander aansoek nie,” sê hy.

STAKINGPRAATJIES

Intussen beplan lede van NTTU om op 26 Julie in Windhoek te begin staak vir ’n prysverhoging en voorsien hulle dié stap sal tot ’n landswye staking lei.

Die president van die NTTU, mnr. Werner Januarie, sê die vakbond dring op ’n tariefverhoging van 40% aan.

Hy sê die vakbond het Maandag per brief die minister van vervoer, mnr. John Mutorwa, die polisie se streekbevelvoerder van Khomas en die munisipaliteit van Windhoek oor hul plan ingelig.

Volgens Januarie het die NTTU reeds in Maart ’n tariefverhoging versoek. Hy sê hulle geen terugvoering ontvang nie. Hy erken dat net permithouers volgens die wet aansoek mag doen, maar vra wat hul verteenwoordigende vereniging doen om hulle hiervan in te lig of aan te moedig.

“Hierdie vereniging van permithouers doen dan nie die werk nie, en dis die bestuurders wat geraak word. Dus word ons vakbond gedwing om dit te doen,” sê hy.

Die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) se nuut verkose president, mnr. Jeffrey Platt, sê hulle dra geen kennis van NTTU se eise nie.

“Normaalweg, wanneer verhoging aangevra word, onderhandel ons met die ministerie van myne en energie en die minister van werke en vervoer,” sê hy. Verskeie kwessies word in ag geneem en ’n geskikte aanpassing word dan toegestaan.

Nabta was laas week saam met die regering in vergadering met vulstasie-eienaars oor die onlangse string verhogings in brandstofpryse, sê hy.

“Ons sal kyk wat kom daar uit. Ons weet die regering gaan gebuk onder die ekonomie, maar kom ons kyk waarmee die regering vorendag kom. Dalk is ’n verhoging nie eens nodig nie,” het Platt gesê.

DRUK OP TAXI’S

Taxitariewe is minstens twee jaar laas aangepas. Brandstof is nie die bedryf se enigste uitgawe nie. Instandhouding van taxi’s is ook duur en tans lei die bedryf groot verliese.

Hierdie omstandighede het Januarie in Maandag se brief na Mutorwa uitgebeeld, asook dat die nuutste brandstofprysverhogings taxibestuurders onder enorme druk plaas.

“Die eienaars dring aan op teikens van N$450 wins per dag. Die druk is te veel,” sê hy.

Brandstofpryse het egter gedurende dié tydperk met 115% gestyg. In Julie 2020 het die prys vir petrol in Walvisbaai op N$10,35 gestaan terwyl diesel N$11,13 per liter was. Nou staan petrol op N$22,28 per liter, geland in Walvisbaai, terwyl diesel N$22,77 per liter kos.

Die impak van ’n taxitariefverhoging van 40% sal vir vele verbruikers groot wees. ’n 40%-verhoging op die huidige N$13 prys per reis kom op N$19 te staan. Diegene wat ’n minimum loon van N$19,09 per uur verdien, sal dus minstens twee uur per dag moet werk net om te kan gaan werk en terugkeer.

’n Verhoging van 10% is vroeg verlede jaar beding, wat nie goedgekeur is nie. Laat verlede jaar het NTTU opnuut ’n verhoging van 15% geëis, maar dié is ook van die hand gewys.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.06/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.86/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.86/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 1 036.23/OZ UP +3.48% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.06/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.86/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.86/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 1 036.23/OZ UP +3.48%