Fly Etosha Airways
Fly Etosha Airways

Besware geopper teen Fly Etosha

Veiligheidskwessies as hoofrede aangevoer
Volgens FlyNamibia het Ekandjo nie bewyse verskaf dat hy 'n veilige, voldoende en betroubare lugdiens sal kan verskaf nie.
Augetto Graig
Ellanie Smit – FlyNamibia en sy filiaal, Westair Aviation, het amptelik beswaar teen die registrasie van Fly Etosha gemaak, met ernstige veiligheidskwessies wat as die hoofrede aangevoer word.

Ander redes wat gelys is, sluit in ’n gebrek aan hulpbronne, instandhoudingsgeriewe vir die vliegtuie, grondhanteringsdienste, versekeringsdekking en personeel.

FlyNamibia het aantygings verwerp dat sy besware daarop gemik is om nog ’n plaaslike lugredery en daarmee saam groter mededinging, te ontmoedig.

Die nuwe redery se aansoek om lugvervoerdienste te verskaf is in die Staatskoerant van 23 Januarie gepubliseer en besware teen die voorgestelde lugredery kon tot Dinsdag by die Vervoerkommissie ingedien word.

Dokumente is deur hul prokureursfirma Ellis en Vennote ingedien om Fly Etosha Airways se aansoek om niegeskeduleerde vlugte aan te bied, teen te staan.

Kaptein William Ekandjo het die aansoek vir Fly Etosha ingedien. Hy is ’n afgetrede vlieënier wat wil terugploeg nadat hy dekades van kennis en ervaring by die voormalige nasionale lugredery Air Namibia opgebou het.

Volgens FlyNamibia het Ekandjo nie bewyse verskaf dat hy ’n veilige, voldoende en betroubare lugdiens sal kan verskaf nie, veral in terme van volhoubaarheid, reëlmatigheid, stiptelikheid, redelike heffings en algemene doeltreffendheid.

Ekandjo sê hy is nie bekommerd oor die besware wat ingedien is nie.

“Dit is normaal in enige besigheid en kompetisie. Ons verwelkom enige mededinging,” sê hy.

Hy sê as hulle nie aan die nodige vereistes van ’n lugredery voldoen het nie, sou hy nie aansoek gedoen het nie.

“Dit is hulle opinie. Ons het wat mens die kontrolelys noem, gevolg en al die vereistes is in plek,” sê hy.

Verder sê FlyNamibia Ekandjo het nie sy tariewe in sy aansoek gepubliseer nie, asook nie bewyse ingedien van voldoende kapitaal om ’n lugredery te begin en om ’n veilige, volhoubare diens te kan lewer nie.

FlyNamibia se dokumentasie dui aan dat Ekandjo glo 12 vliegtuie ter waarde van tussen N$670 miljoen en N$950 miljoen besit. Hy beplan glo om 12 vliegtuie te huur wat maandeliks sowat N$74 miljoen sal kos.

“Die aansoeker beplan om vliegtuie ter waarde van ongeveer N$1,6 miljard te koop,” lui FlyNamibia se beswaar.

FlyNamibia sê Ekandjo het geen bewyse ingedien dat hy die vliegtuie besit nie, asook geen kontrak het met enige organisasie wat lugvaartdienste lewer nie. Hulle sê ook dat die vliegtuie wat op Ekandjo se aansoek aangedui word, gespesialiseerde grondtoerusting benodig, waarvoor daar ook geen ooreenkomste ingedien is nie.

Bewyse van voldoende versekeringsdekking is glo ook nie verskaf nie.

Verder het drie van die sewe vlieëniers se lisensies wat ingedien is, verval, asook 28 lisensies van die kajuitbemanning.

“Die aansoek, soos dit nou staan, het ernstige kommer gewek oor die beplande lugredery se vermoë om die veiligheid van passasiers te verseker. ’n Onbetroubare lugredery met ernstige veiligheidsprobleme kan die hele Namibiese lugvaartbedryf negatief beïnvloed,” lui FlyNamibia se besware.

As Fly Etosha goedkeuring van die Vervoerkommissie kry, moet dit steeds aansoek doen vir ’n lugoperateursertifikaat (AOC) wat deur die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) uitgereik moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%