UNDERHAND DEALINGS: Progress Aviation and AB Airlines claim Air Namibia’s Embraer aircraft were sold for a song to Fly Namibia. PHOTO: FILE
UNDERHAND DEALINGS: Progress Aviation and AB Airlines claim Air Namibia’s Embraer aircraft were sold for a song to Fly Namibia. PHOTO: FILE

‘Air Namibia se vliegtuie is onderduims verkoop’

Progress Aviation en AB Airlines beweer Air Namibia se Embraer-vliegtuie is vir 'n appel en 'n ei aan Fly Namibia verkoop.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage –

Air Namibia se likwidateurs Bruni en McLaren het na bewering ’n aanbod van die Kameroense maatskappy ZeJet ontvang vir die aankoop van die bankrotlugredery se vier Embraer 135-stralers.

Die maatskappy het ’n aanbod van N$68 miljoen gemaak vir die vliegtuie asook die grondhanteringstoerusting.

Die aanbod is vervat in ’n brief van ZeJet se uitvoerende hoof, mnr. Christophe Semengue, aan Bruni en McLaren, sowel as die waarnemende uitvoerende hoof van Air Namibia, mnr. Stanley Kariko.

Die voorgestelde transaksie sal behels dat ZeJet die toerusting en vliegtuie in vier verskillende transaksies betaal. Die eerste stap is die aankoop van toerusting vir sowat N$1,56 miljoen, die tweede vir onderdele en verbruiksgoedere ter waarde van N$14,7 miljoen, die derde twee vliegtuie vir N$26 miljoen en die vierde die oorblywende twee vliegtuie vir N$26 miljoen.

Die nuutgestigte lugredery stel ook voor dat die laaste twee vliegtuie in ontvangs geneem word wanneer al die transaksies afgehandel is.

ZeJet het onlangs die groenlig gekry om met hul werksaamhede te begin en ding met Kameroen se staatsbeheerde lugredery, Camair-Co, mee.

LUGVAARTVENNOTE

Intussen het die lugvaartvennote Progress Aviation en AB Airlines Bruni & McLaren CC daarvan beskuldig dat hulle oneties optree.

Dit nadat die likwidateurs na bewering geweier het om die aanbod te oorweeg wat die vennote gemaak het vir twee Embraer 135-stralers - wat hulle van plan was om te koop ná die lugredery se ondergang verlede jaar.

Hulle beweer verder die plaaslike redery Fly Namibia (voorheen FlyWestair) kon dié vliegtuie vir ’n appel en ’n ei koop, ondanks die feit dat hulle voorheen geen belangstelling getoon het nie.

In ’n brief aan mnr. Iipumbu Shiimi, die minister van finansies, het Progress Aviation en AB Airlines gesê die likwidateurs het oneerlik opgetree. Bruni & McLaren het glo aanbiedinge van ander maatskappye opsy geskuif en eerder die vliegtuie onder markwaarde aan Fly Namibia verkoop.

Fly Namibia het glo aangebied om N$44,9 miljoen te betaal, ver onder die markwaarde van die Embraers, wat N$60,4 miljoen werd is.

BEKOMMERD

“Ons by Progress Aviation en AB Airlines is uiters bekommerd oor die onregverdige en oneerlike behandeling wat ons van die likwidateurs ontvang het tydens die bieproses,” lui die brief.

Die vennote het gesê hulle het na Kariko uitgereik, wat hulle aangeraai het om na Namibië te reis om die vliegtuie, wat in September in die mark sou wees, te inspekteer.

“Ons is ingelig dat verskeie tenders ingedien is, maar afgekeur is. Daarom het hulle voorgestel dat ons invlieg om na die vloot en die gepaardgaande bepalings te kyk en onmiddellik ’n tender in te dien.”

Toe maatskappyverteenwoordigers op 7 November in Windhoek aankom, het Kariko hulle na bewering ingelig dat die vliegtuie verkoop is, en hulle vir verdere navrae na mnr. David Bruni van Bruni & McLaren verwys.

‘VOLDOEN AAN VEREISTES’

Progress Aviation en AB Airlines het voorts aangevoer hulle het voldoen aan alle vereistes wat Bruni & McLaren vir die aankoop van vliegtuie gestel het, maar nie regverdig behandel is rakende dié transaksie nie.

Die vennote het verder ’n bewys dat die vliegtuie verkoop is van die likwidateurs aangevra, maar het nog geen reaksie ontvang nie.

“Ons het versoek dat die likwidateurs bewys lewer van die bieër se betaling en die proses wat gevolg is, aangesien ons aangeraai is om na Namibië te reis en ons aanbod in te dien volgens die likwidateur se vereistes, siende dat dit oop was vir alle belanghebbendes,” het hulle gesê.

“Gevolglik voel ons dat ons nie tydens hierdie proses met eerlikheid, deursigtigheid of regverdigheid behandel is nie. Ons versoek met respek dat [Shiimi se] kantoor ons ’n regverdige bieproses gun.”

MINISTER REAGEER

Die minister het verlede week gesê die regering het geen manier gehad om die uitslag van die likwidasieproses te beïnvloed nie.

“As aandeelhouer word die regering volgens wet nie toegelaat om by die proses in te meng nie. Dit is die verantwoordelikheid van die meester van die hoërhof, wat likwidateurs aanstel,” het Shiimi gesê.

Bruni wou nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie en het medianavrae na Kariko verwys, terwyl mnr. André Compion, uitvoerende hoof van Fly Namibia, die bewerings ontken het dat sy maatskappy die vliegtuie bekom het in ’n transaksie waarby Air Namibia se likwidateurs betrokke was.

Kariko het navrae weer na Bruni terugverwys en botsende belange as rede aangevoer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%