Strenger maatreëls teen bek-en-klou afgekondig
Namibië het pas nog strenger maatreëls afgekondig op die staande verbod op invoere van vee met gesplete hoewe en hul produkte uit Suid-Afrika – weens die voortslepende uitbreking van bek-en-klouseer in die buurland.
Dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte in die direktoraat veeartsenydienste (DVS) sê Suid-Afrika ervaar tans tans 110 aktiewe uitbrekings van bek-en-klouseer in die gebied wat voorheen as hul bek-en-klouseer vrye sone beskou is, met uitbrekings wat nou opnuut in ses nuwe provinsies voorgekom het.
Shilongo het verduidelik sedert bek-en-klouseer in Februarie 2019 in Limpopo in Suid-Afrika uitgebreek het, het Namibië ‘n verbod op die invoer van vars vleis asook diere met gesplete hoewe vanaf die buurland geplaas. Dit staan steeds, het sy gesê, maar die maatreëls is nou opdateer.
Dienooreenkomstig is alle invoere uit Suid-Afrika van varke en onverwerkte varkprodukte asook gras- en lusern opgeskort, terwyl terugkerende speenkalflorries nou eers ontsmet sal moet word voor dit Namibië mag binnekom.
Selfs embrio’s en semen kan nie vanaf Suid-Afrika ingebring word nie, asook “enige ander materiaal wat ‘n potensiële bron van infeksie kan wees”.
Boonop moet alle grensposte met Suid-Afrika nou van voetbaddens voorsien word, terwyl nog amptenare na grensposte ontplooi word om seker te maak voertuie word behoorlik deursoek vir enige verbode produkte.
Daar is egter geen verbod op die invoer van gekookte, geprosesseerde produkte van diere met gesplete hoewe nie. Melk en melk-gebaseerde produkte, verwerkte velle en trofees kan ook steeds ingevoer word.
Shilongo het gewaarsku dat die bek-en-klouseer-virus in alle diere-uitskeidings van siek diere gevind kan word.
“Die diere asem ook groot hoeveelhede van die virus uit, wat ander diere kan aansteek. Selfs diere wat gesond geraak het van die siekte, kan soms steeds die virus dra en nuwe uitbrekings veroorsaak.”
Sy het verduidelik terwyl mense nie die siekte aansteek nie, kan dit maklik versprei word tydens kontak tussen diere, die eet en drink van besmette produkte soos vleis en melk, kunsmatige inseminasie met besmette semen, besmette klere, skoene, toerusting, krale, geboue of voertuie asook besmette items soos hooi, voer en water. Buffels is ook bekend daarvoor dat hulle die virus kan versprei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie