Zannier Sonop spog met Michelin-status
Zannier Sonop het onlangs drie ‘sleutels’ van die Michelin-gids ontvang. Diè sleutels, soortgelyk aan die Michelin-sterre wat aan restaurante toegeken word, word aan uitsonderlike akkommodasiegeriewe toegeken. Een Michelin-ster of -sleutel beteken die restaurant of verblyfgerief is uitstekend in sy veld, dat dit ’n ompad en ’n spesiale besoek werd is. Geleë in die suide van Namibië, bied Zannier Sonop ultra-luukse portierdienste, veeltalige personeel, verskeie daaglikse natuurbesigtigingsritte, vyfgangmaaltye of selfs lugballonritte. Foto Facebook/Zannier Sonop
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie