’n Lugfoto van Swakopmund. Foto Björn Basler
’n Lugfoto van Swakopmund. Foto Björn Basler

Vakansietyd begin vroeër

Meer Suid-Afrikaners dié jaar by die kus
Volgens 'n bestuurder by De Duine Hotel op Hentiesbaai wemel dié kusdorp behoorlik van vakansiegangers.
Iréne-Mari van der Walt
“Besoekers stroom reeds na die kus. Gewoonlik begin ons seisoen op die 22ste (Desember) tot die 27ste, maar vanjaar was ons reeds van 5 Desember af besig," sê Anett Kötting, voorsitter van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) in die Erongostreek.

Volgens Kötting lok verskeie sportgeleenthede besoekers na die kus. “Die Desert Dash bring gewoonlik Namibiese gesinne na die kus. Met ander sportgeleenthede soos Fittest in the Namib sien ons meer toeriste van ons SADC-bure – veral besoekers uit Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe,” het sy gesê.

Volgens Ivaan Basson, ’n bestuurder by De Duine Hotel op Hentiesbaai, wemel dié kusdorp behoorlik van vakansiegangers en word daar selfs volgende week nóg meer mense verwag.

“Daar is beslis baie mense en van volgende week af is ons vol bespreek weens die touchies (raakrugbytoernooi) wat hier aangebied word. Ons restaurant vaar baie goed en ons kamers word hoofsaaklik deur Suid-Afrikaners beset,” het sy gesê.

Uit Swakopmund sê Hesti Langeveldt, bestuurder van die Platz am Meer-inkoopsentrum, sy het ook die instroming van Suid-Afrikaanse besoekers opgemerk.

“Ek het onlangs by ’n klerewinkel my kleingeld in Suid-Afrikaanse note ontvang en gedink daar moet tans baie Suid-Afrikaners in Swakopmund wees,’ het sy gesê.

Volgens Langeveldt is die inkoopsentrum nie so besig soos vorige jare tydens die begin van die feesseisoen nie.

“Ons was al besig, maar dit voel asof daar minder besoekers vanjaar is. Dit het vir my gevoel of die opkoms by die (Desert) Dash ook vanjaar bietjie kleiner was, maar ek het nog nie na die syfers gekyk nie,” het sy gesê. Langeveldt sê die aantal besoekers aan Swakopmund het die afgelope naweek geweldig toegeneem.

Rhyno du Preez, eienaar van Swakopmund Spar, sê die toestroming waaroor gewaarsku is, het tot dusver nog nie gerealiseer nie.

“Die mense is nog nie in massas hier nie. Die vloei is daar, maar dit is nog nie die vertrapping wat voorspel is nie,” het hy gesê.

Die eienaar van Leon’s Tackle Shop, Leon Krause, glo dat daar tans meer voete in Swakopmund as in Hentiesbaai is.

“Ek dink daar is bietjie minder mense hierdie jaar. Dit lyk vir my asof Swakopmund bietjie besiger as Hentiesbaai is as ek na my winkels se verkope kyk. Ons is van gister [Dinsdag] af baie besig, maar die vis is nog nie volop nie – ons wag nog vir die ‘cob run’,” het hy gesê.

Jana Kruger van die Angler’s Kiosk op Walvisbaai glo ook dat die vissermanne en -vroue vanjaar vroeg reeds hul vakansies afgeskop het.

Kruger sê dit is waarskynlik te danke aan die vooruitsigte om menigte kabeljou te vang.

“Ons verkope is hierdie jaar bietjie beter as verlede jaar s’n. Daar is tans beslis meer Suid-Afrikaners as Namibiërs by die kus” het sy gesê.

Krause glo ook dat Hentiesbaai se vakansieseisoen vanjaar net voor middel Januarie tot ’n einde sal loop.

“Ons verwag beslis nog meer mense tot na die eerste week in Januarie. Baie van die eiendomsagente is tot omtrent 10 Januarie vol bespreek,” het hy gesê.

Misty Bay Café op Hentiesbaai het glo Maandag reeds Desember se feestelikheid begin ervaar.

“Dit lyk van Maandag af soos Desember. Hier is beslis ’n paar Suid-Afrikaanse besoekers, maar hulle is nie so volop soos gewoonlik nie,” het Misty Bay se eienaar, Jaco Serfontein, gesê.

Lorette Koen, Dunes Mall in Walvisbaai se bemarkingskoördineerder, is van mening daar is ’n merkbare verskil in die aantal besoekers aan dié inkoopsentrum.

“Ons kan beslis sien daar is meer besoekers van ander plekke. Ons kan ook sien dat ons eetplekke besiger is en kan aflei baie mense koop geskenke hier omdat talle hul geskenke by ons laat toedraai,” het sy gesê.

Daleen Agenbag van Hentiesbaai Spar glo dat mense wat lanklaas hul feestyd op Hentiesbaai deurgebring het, vanjaar weer terug is.

“Ek dink in die algemeen is die mense terug en lus vir vakansie,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%