Toeriste tree ‘hoogs ontwrigtend’ op

Onbeheerde motorfietstoere deur gemeenskaplike bewaringsgebiede
'n Ondersoek onthul dat meer as een oorsese toermaatskappy verantwoordelik gehou word vir beweerde reëloortredings deur deelnemers aan hul motorfietstoere.
Frank Steffen
’n Switserse en ’n Amerikaanse reismaatskappy het ongewenste aandag op hulself gevestig deurdat deelnemers aan hul motorfietstoere in die noordweste van Namibië klaarblyklik verskeie nie-amptelike gedragsreëls verontagsaam wat oor die algemeen deur natuurliefhebbers as vanselfsprekend aanvaar word.

Hannibal Tours (van Switersland) spesialiseer in avontuurreise in suidelike Afrika, maar ook in Sentraal-Asië en Mongolië.

Een van hul enduro-avontuurtoere het verlede week tot verontwaardiging in die elektroniese media gelei, veral op ’n mediaportaal van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT).

Videomateriaal van ’n plaaslike gids wys hoe Hannibal se gaste naby die watergat “Probleem” (genoem na die voormalige plaas) gaan kamp opslaan het.

Tydens ’n gesprek het die operateurs van Hannibal Tours, Diana Imholz en Carlo Rausa, verduidelik twee motorfietse en een van die ondersteuningsvoertuie het pap bande gehad wat herstel moes word.

“Dit kon nie so vinnig reggemaak word nie; dus het ons vir die nag kamp opgeslaan op die sementoppervlakte van die ou plaashuis,” het Rausa gesê.

Hy het aangevoer dat hulle op die gespesifiseerde roetes gebly het “met een voertuig wat vooruit ry en een motor wat volg.”

Toergangers wat hulle nie gedra nie, kry een waarskuwing en ná ’n tweede voorval sal die motorfiets op een van die sleepwaens gelaai word. Imholz het beklemtoon die gaste in hierdie spesifieke geval was ouerige mense wat “die natuur wil geniet”.

EKSTREME MOTORFIETSTOER

Op die Amerikaanse maatskappy Freshline Moto Adventures Club (FMAC) se webwerf word ekstreme motorfietstoere ’n opsie, maar aansoekers moet eers ’n lang vraelys invul om toegelaat te word.“Ons is op ’n missie om elke kontinent in die wêreld per motorfiets te verken.”

Volgens ’n veldwagter van die Save the Rhino Trust (SRT), wat ook saam met die gesamentlike inisiatief van die Uibasen & Twyfelfontein, Sorris Sorris en Doro !nawas bewaringsgebiede van Khorixas in Damaraland werk was die oortreders ’n groep FMAC-motorfietsryers.

“Hulle is van die Freshline-motorfietsklub in Nashville, VSA. Hulle gebruik (pad)kaarte en maak hul eie roetes.”

Dié mense sou egter lukraak ry sonder om dieselfde spoor te volg en die oor die algemeen versteur hulle die natuur, volgens ’n stemboodskap van dié renosterspoorsnyer.

PRIVAAT EIENDOM

Tristan Cowley van Ultimate Safaris sê: “Die bewaringsgebied maak ’n inkomste deur betalende gaste op wildritte en staptoere te neem. Hulle is versigtig om nie die diere te steur nie, veral by ’n watergat.”

Cowley is die dryfkrag agter die plaaslike owerhede van die drie genoemde bewaringsgebiede, wat die ministerie van omgewing gevra het om hul gebiede as ’n enkele gebied te huur, wat ’n bewaringsgebied van 19 000 hektaar sal skep.

“Dan sal die motorfietstoere natuurlik verby wees, want motorfietse het ’n ontwrigtende effek op hierdie omgewing en bowenal op ons renosters. Sodra dit privaat eiendom is, kan ons mense verplig om die bestaande paaie te volg en nog belangriker, niemand kan by enige watergat gaan kamp nie,” het Cowley gesê.

RENOSTERS GEPLA

Eers toe al die videogrepe uitgeruil is, het dit duidelik geword dat daar twee verskillende motorfietsgroepe was, wat as een groep – naamlik Hannibal Tours – skerp gekritiseer is. Hannibal is egter nooit deur amptenare aangespreek nie en het na Omaruru gery terwyl FMAC op pad was na Twyfelfontein. Die twee groepe het een ding gemeen: hul kampplekke, wat volgens alle natuurbewaarders te naby aan die watergat was.

Volgens Andrew Malherbe, SRT se operasionele bestuurder, het dié sake daartoe gelei dat belanghebbendes byeen was en nou “met ander oë na die motorfietstoere sal kyk”.

Bestaande wetgewing maak dit onmoontlik vir die bewaringsgebied om konsekwent op te tree.

“Ons kan met mense praat en ons kan bordjies oprig wat kampering verbied, maar uiteindelik het ons geen regstand nie. Ons word dus hulpeloos blootgestel aan mense wat al die reëls verontagsaam.”

Die watergat genaamd “Probleem” is byvoorbeeld geïsoleerd, wat belangrik is vir die diere en dus nie versteur moet word nie. “Ons het altyd agt tot nege renosters daar gehad, asook olifante en leeus, maar vanweë hierdie hoogs ontwrigtende toerisme bly die diere weg.”

FMAC het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%