Toerisme Ekspo verbreed sy grense

Ellanie Smit
In pas met die uitdaging om sy vlerke oor grense heen te versprei, sal Namibia Media Holdings (NMH) voortaan as deel van ’n nuwe bemarkingstrategie onder die handelsnaam Network Media Hub die boodskap van die media uitdra.

Die aankondiging is deur NMH se uitvoerende hoof, Albe Botha, tydens die opening van die 25ste Toerisme Ekspo gemaak, wat deur NMH onder die vaandel “Beyond Borders” aangebied word.

Volgens Botha ken toerisme geen grense nie en brei die ekspo daarom na sy buurlande uit om te verseker die boodskap word ook hier gedeel. Die fokus is op die /Ai -/Ais Richtersveld-, Kgalagadi-, Iona Skedelkus- asook die Kavango-Zambezi-oorgrensparke. Deur hierop te fokus, sê Botha, wys die ekspo en maatskappy se verbintenis tot toerisme in die streke en om die omvang en invloed te verbreed.

“Met ons Enjoy-handelsmerk wil ons nie net die boodskap van toerisme in die streke versprei nie, maar ook verseker toeriste besoek ons lodges. Nie net ons vlagskip-lodges nie, maar ook dié wat ’n sleutelrol speel in ons gemeenskappe, ons dorpe en ons ekonomie. Enjoy sal toerisme vir plaaslike gemeenskappe en toere bemark en hulle sodoende ’n plek aan die tafel gee,” sê Botha.

Volgens hom is die Enjoy-handelsmerk se doelwit om meer as 5 000 lodges in die streke te bereik, wat sal verseker dat hulle ’n stem in die groter wêreld van toerisme het.

NMH bereik tans daagliks meer as een miljoen mense en die maatskappy hoop om in die volgende 24 maande dit tot twee miljoen te verhoog.

Newsprint Namibia sal volgens Botha voortaan sake doen onder Print Media Hub, die grootste gedrukte mediamaatskappy in die land. Dit is om seker te maak dat die boodskap van gedrukte media wat steeds volgens hom “uiters sterk” is, gefokus is op alle vorme van drukwerk.

“Ons bereik tans meer as 300 000 mense op ’n daaglikse basis deur gedrukte media en beoog om dit in die volgende twee jaar tot meer as ’n miljoen uit te brei.”

Botha sê Network Media erken die mag van kunsmatige intelligensie (KI) en dié tegnologie word op ’n breë basis gebruik.

“Ons het ’n kletsbot (Chatbot) ontwikkel wat tans daagliks meer as 40 000 mense bereik. Ons ontwikkel ook teen dieselfde koers op ’n voortgesette basis KI-produkte.”

NMH-handelsmerke sluit in IA Network Intellectual Assets, NDH Network Data Hub, NSH Network Sport Hub, NTV Network Television,

ADM Network Administrative Services en NIH Network Innovation Hub.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifete, het op sy beurt tydens sy amptelike toespraak gesê die tema van die ekspo ondersteun die optimale gebruik van toerisme en ekonomiese geleenthede wat besig is om in die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza-TFCA) te ontvou. Kaza is geleë in die Kavango- en Zambezirivierkomme waar Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe bymekaarkom.

Shifeta sê aan die Namibiese kant sluit rivierstelsels die Linyati- en Kwandorivierstelsels asook die Zambezi-Chobe-vloedplein in, waarvan die ekosisteme die kwaliteit van besoekers se ervarings verhoog en ook waarde vir geld vir toerisme in die gebied verhoog.

“Kaza bied reuse- ekonomiese geleenthede aan plaaslike gemeenskappe en die jeug binne die streek om gemeenskapsgebaseerde besighede vir ekonomiese voordele te vestig,” sê Shifeta.

Volgens die minister is Kaza ’n toerismebestemming wat ’n beduidende ekonomiese skakel verskaf om sterk ekologiese stelsels en ’n volhoubare toerisme-ekonomie tot voordeel van die inwoners van die vyf lande te bou. Toerisme in Namibië dra direk 6,9% by tot die bruto binnelandse produk (BBP) of N$14,3 miljard in monetêre waarde. Die totale direkte werksgeleenthede by toerismeverwante bedrywe staan op 57 277 mense wat 7,9% van totale werkskepping is.

Shifeta sê die Toerisme Ekspo voeg voortgesette waarde tot die toerismebedryf toe deur ’n geleentheid aan uitstallers te bied om hul produkte en dienste aan besoekers te bemark.

“Dit skep ook broodnodige bewustheid van die belangrikheid van die toerisme-ekonomie en die verskeie ekonomiese verbintenisse tot baie ander sektore.”

Dr. Nyambe Nyambe, die uitvoerende hoof van die Kaza-sekretariaat, het gesê dat Kaza ’n opwindende nuwe fase betree met die bemarking daarvan as ’n enkel-bestemming, en dat ’n handelsmerk reeds daarvoor ontwikkel is en binnekort bekend gestel sal word.

Bornventure Mbidzo, die waarnemende uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, het gepraat oor die toename wat Namibië van ander Kaza-lande waargeneem het en gesê daar was ’n toename van 473% van Angola in 2021-’22.

Onthou die aankondiging van die wenners van Republikein se Bruidspaar-kompetisie om 18:00.

Kommentaar

Republikein 2024-06-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.02/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.43/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 85.88/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 1 002.64/OZ UP +1.73% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 27° Rundu: 10° | 26° Eenhana: 13° | 28° Oshakati: 13° | 27° Ruacana: 12° | 28° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 22° Omaruru: 11° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 17° | 31° Wind speed: 37km/h, Wind direction: E, Low tide: 10:52, High tide: 04:51, Low Tide: 23:20, High tide: 17:25 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:49, Low Tide: 23:18, High tide: 17:23 Walvis Bay: 19° | 32° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SE, Low tide: 10:50, High tide: 04:48, Low Tide: 23:18, High tide: 17:22 Rehoboth: 7° | 21° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 12° | 23° Aranos: 9° | 22° Lüderitz: 15° | 31° Ariamsvlei: 12° | 24° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 22° Lubumbashi: 9° | 25° Mbabane: 10° | 21° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 11° | 19° Lilongwe: 12° | 25° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 12° | 17° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 10° | 18° Dar es Salaam: 21° | 28° Lusaka: 11° | 23° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.46 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.9 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 48.27 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1479.51 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1783.38 Down -0.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13140.91 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27062.37 Up +2.44% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.02/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.43/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 870.40/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 85.88/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 1 002.64/OZ UP +1.73%