No Image Caption

Toerisme Ekspo om die draai

Yandi Du Plessis
Voorbereidings vir die naderende 2022 Namibië Toerisme Ekspo (NTE) is volstoom aan die gang by Namibia Media Holdings (NMH).

Oor slegs 13 dae open die Toerisme Ekspo (TE) amptelik by die SKW-sportgronde in Olympia.

Die geleentheid word vanjaar vanaf Donderdag 3 November tot Saterdag 5 November aangebied.

Die TE-program sal binnekort in NMH se dagblaaie gepubliseer word asook op die mediahuis se sosialemedia- en ander aanlyn platforms. NMH is ten volle verbind tot die ondersteuning van die Namibiese toerismebedryf en dié inisiatief word op groot skaal deur FNB Namibia en Namibia Breweries Limited (NBL) ondersteun.

As deel van hul bydraes, finansier hierdie twee maatskappye “Tourism Cash-Back”-kontantbewyse ten bedrae van N$250 000.

Hou NMH se platforms dop vir meer inligting in die aanloop tot die ekspo.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2022-12-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer