Foto Olga Nesterenko/Olga's PhotoDesign
Foto Olga Nesterenko/Olga's PhotoDesign

Swakopmund is die beste!

Henriette Lamprecht
Vir die meeste Namibiërs en natuulik haar inwoners, is Swakopmund boaan hul lysie van dié dorp in die land wat hul harte met haar outydse sjarme, outentieke karakter en doendinge vir die hele familie verower het. Maar die liefde en bewondering strek nou ook amptelik ver verby Namibiese grense, met die mooi vakansie- en kusdorp wat as Beste Avontuurtoerisme-bestemming in Afrika aangewys is tydens vanjaar se Afrika Toerisme- ook bekend as die Balearica-toekennings. Die toekennings wat op 2 November by die Hilton London Canary Wharf aangekondig is, bied ‘n platform aan Afrika se beste diensverskaffers in die toerismebedryf waar uitnemendheid vereer, bevorder en beloon word.

Die Balearica is vernoem na en ontwerp met die voëlspesie balearica, waarvan die blou- en gryskraanvoël deel is, as inspirasie en is gemaak uit vergulde aluminium met swart akriel. As amptelike simbool van die toekennings simboliseer dit Afrika se ryk kulturele en natuurlike erfenis en die vasteland se unieke skoonheid en potensiaal.

Kommentaar

Republikein 2025-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer