TOURISM
TOURISM

Strenger visumvereistes ontlok kritiek

Namibië afhanklik van buitelandse valuta
Verskeie van die geteikende lande is sleutelmarkte en -bronne vir die Namibiese toerismebedryf.
Ellanie Smit,Ogone Tlhage
'n Kabinetsbesluit om strenger visumvereistes in te stel vir burgers van lande wat duur en lang visumaansoeke vir Namibiërs vereis, het hewige kritiek ontlok te midde van kommer dat dit die toerismesektor sal beïnvloed.

Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië (Tasa)

sê die land is afhanklik van die verdienste uit buitelandse valuta om ekonomiese groei aan te spoor.

“Namibië se ekonomie steun swaar op sy toerismebedryf wat tans floreer. Dit is ‘n groot verskaffer van werksgeleenthede wat buitelandse valuta inbring en wat ‘n bydrae maak tot die bietjie ekonomiese groei wat daar is.

Die oplegging van visumvereistes vir toeriste vir baie lande kan 'n ernstige negatiewe impak op hierdie noodsaaklike sektor hê, omdat dit potensiële besoekers uit die geraakte lande kan afskrik en kan lei tot 'n aansienlike afname in toeriste,” het Ahrens gesê.

Volgens haar sal die maatreëls Namibië ‘n minder aantreklike toerismebestemming maak.

“Baie van die geteikende lande is sleutelmarkte en -bronne vir ons toerismebedryf. Dié stap sal hulle net vervreem en na ander meer visumvriendelike bestemmings dryf. Sommige van ons streeksvennote soos Botswana en Suid-Afrika het minder visumbeperkings. Deur onnodige struikelblokke in te stel, maak Namibië homself minder aantreklik, nie net op ‘n globale vlak nie, maar ook in die streek,” sê Ahrens.

Die Ekonomiese Beleidsnavorsingsvereniging (EPRA) sê die kabinet moes eerder in gesprek getree het met die lande wat Namibiërs nie gratis visumtoegang gee nie.

“EPRA doen ‘n beroep op die Namibiese regering om sy besluit te heroorweeg en konstruktiewe dialoog met die geraakte lande te begin om die onderliggende kwessies aan te spreek. Deur saam te werk om kommer aan te spreek en meer ‘n benadering van samewerking in te neem, kan Namibië sy noodsaaklike toerismebedryf beskerm en sy sterk bande met sleutelmarkte behou,” sê die vereniging se woordvoerder Eben de Klerk.

“EPRA rig daarom ‘n sterk versoek aan die regering om 'n pro-sake, beste praktyk en bewysgebaseerde benadering te aanvaar wanneer dit kom by beleidsformulering en implementering, eerder as om halwe waarhede en waninligting vir politieke doeltreffendheid te herhaal en wat net tot ekonomiese ondergang kan lei,” het hy bygevoeg.

Die stap sal volgens De Klerk ook toerismesyfers van buitelanders beïnvloed wat Namibië graag wil besoek.

“Uit ‘n toeriste-oogpunt is dit ongelukkig dat visumbeperkings geïmplementeer is op ons grootste bronmark tot Namibië en wel Duitsland en ander Europese lande. Die verklaring is onduidelik of besoekers uit hierdie lande eers aanlyn sal moet aansoek doen en dan die visum met hul aankoms kry en of dit ‘n kwessie van ‘n ‘óf dit óf dat’-situasie sal wees nie,” het De Klerk gesê.

Simonis Storm het in sy onlangse toerismebulletin gesê baie van Namibië se besoekers is afkomstig uit die Europese Unie.

“Die meeste besoekers na Namibië was uit Duitsland, Oostenryk en Switserland en wel 38% van toeriste. Besoekers uit Frankryk was 8% van toeriste, gevolg deur die 6,9% van Suid-Afrika. Die beduidende invloei van toeriste uit Duitsland, Oostenryk en Switserland kan toegeskryf word aan direkte vlugte van Frankfurt na Windhoek en ‘n gunstige uitruilkoers wat hul bestedingsmag verhoog,” aldus Simonis Storm. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A