Sossusvlei: Tot hiertoe en nie verder
Die besluit om selfbestuur-reisigers vanaf 15 Desember toegang tot die gedeelte vir viertrekvoertuie in die Sossusvlei-konsessiegebied te verbied, gaan ‘n impak op koste en bekostigbaarheid van toeriste se reisplanne hê. Toeroperateurs het in reaksie op die besluit gesê internasionale toeriste beplan en begroot lank voor die tyd vir hul reise. ‘n Besoek aan Sossusvlei sal nou ekstra koste beteken. About Africa Co, deur Adelt Sossusvlei Concession Management, implementeer die volgende fase van sy konsessie-ooreenkoms met die ministerievan die omgewing en toerisme om volhoubare toerisme en behoorlike beskerming van die Wêrelderfenisgebied te verseker.
Die aankondiging deur About Africa Co lei die einde van ‘n era in waartydens besoekers aan die gewilde toeristeaantreklikheid op eie stoom die laaste stuk na Dooievlei, Big Mamma en Sossusvlei aangedurf het. Die nuwe ononderhandelbare reëls spruit uit die maatskappy se 2024-konsessie-ooreenkoms met die toerismeministerie. Ingevolge die ooreenkoms besit About Adelt Sossusvlei Concession Management (Pty) Ltd eksklusiewe toegangs- en uitstappieregte binne die sensitiewe 4x4-sone van die UNESCO-gelyste landskap.
Die stigter en uitvoerende hoof van About Africa Co., Heiko Dörgeloh, sê in 'n verklaring geen private voertuie toegelaat sal word om vanaf middel-Desember verby die 2x4-parkeerarea te ry nie. Die beperking word beskou as 'n noodsaaklike ingryping om die brose duinkorridor te beskerm, wat jare lank onder onbeheerde verkeer, voertuie wat langs of af van die roete ry en toenemende verkeersopeenhopings gedurende piekseisoene deurgeloop het.
Volgens Dörgeloh is die verbod in lyn met die ministerie se bewaringsbestuursplan en deel van 'n breër poging om die agteruitgang van die duine te stabiliseer. Dit sal ook die menslike impak in Namibië se mees gefotografeerde woestynbestemming verminder.
Terwyl selfbestuurders volledig uitgefaseer sal word, sal sekere operateurs beperkte toegang behou. Lodges binne die Sossusvlei-gebied mag voortgaan om hul eie gaste na die konsessie te vervoer. Toeroperateurs wat by die Namibië Toerismeraad (NTB) geregistreer is, sal toegelaat word om hul besoekers gedurende 'n tydelike grasietydperk te begelei wat gereeld hersien sal word.
Dörgeloh maan enige wan- of skadelike gedrag deur 'n gids, operateur of besoeker beteken geen toegang tot die Erfenisgebied nie. About Africa Co bied vir selfbestuurders 'n uitgebreide begeleide 4x4-ervaring wat as ‘n "naatlose klim op-klim af-ervaring beskryf word." Doelgerigte safarivoertuie, 4x4 Coaster-busse en VW Caravelles sal daagliks van 07:00 tot 17:00 bedryf word, met verlengde ure wat op aanvraag beskikbaar is. Beide oop en geslote safarivoertuie sal beskikbaar wees, en lugverkoelde opsies sal voorsiening maak vir die somer se hitte.
PRYSE
Vir 2025 sal volwassenes N$200 en kinders onder die ouderdom van 12 jaar N$100 betaal, terwyl fooie in 2026 tot N$260 vir volwassenes en N$130 vir kinders sal styg. Geregistreerde gidse sal gratis reis. Voorafbesprekings kan reeds per telefoon of e-pos gemaak word, en 'n aanlyn besprekingstelsel sal na verwagting binnekort bekendgestel word.
Verskeie nuwe geriewe sal volgens Dörgeloh die oorgang ondersteun.
Vanaf 15 Desember sal 'n toegewyde toonbank vir kaartjieverkope by die hek van die toerismeministerie in werking gestel word. Verversings sal ook by die 2x4-parkeerarea beskikbaar wees. 'n Geïntegreerde aanlyn platform sal beide uitstappies en uiteindelik ook permitte vir die park meer vaartbelyn maak.
Die maatskappy het ook toekomstige premium-aanbiedinge aangekondig, insluitend dagtoere waar toeriste ingevlieg word, asook saamgestelde oornaguitstappies.
Die konsessiebestuurders beklemtoon onbeheerde verkeer van private voertuie is nie meer versoenbaar met die gebied se ekologiese kwesbaarheid nie.
Die toerismeministerie het beloof om ‘n omvattende verklaring oor die aankondiging uit te reik, maar dit is teen druktyd nog nie ontvang nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie