Rolprent oor robbe sien binnekort die lig

Tyd vir verandering is nou
Cutting The Line volg die egpaar, Naude and Katja Dreyer, en hul drie kinders waar hulle robbe red wat in plastiekrommel verstrengel is.
Elvira Hattingh
’n Dokumentêre rolprent oor die Dreyer-gesin wat hulself daarop toespits om Namibië se robbe te red wat in allerhande rommel verstrengel raak, se première is op 8 Junie.

Op dié dag word Wêrelddag vir Oseane ook gevier.

Intussen is daar reeds ’n voorskou van die rolprent bekend gestel.

Cutting The Line volg die egpaar, Naude and Katja Dreyer, en hul drie kinders waar hulle robbe red wat in plastiekrommel verstrengel is wat langs die Namibiese kuslyn voorkom.

Wat aanvanklik begin het as enkele onbeplande reddingspogings, het vinnig ontaard in ’n unieke omgewingsorganisasie wat ’n stryd moet voer teen ’n groeiende, wêreldwye krisis.

STATISTIEK

Intussen het die Dreyers tot op 30 April net vanjaar alleen reeds 107 robbe gered.

Net in April het hulle 38 robbe van rommel bevry, terwyl nie een rob wat hulle probeer help het, ontsnap het nie. Daar was net een geval waar hulle ’n verstrengelde rob opgemerk het, maar om verskeie redes nie die dier kon help nie.

Hulle kon vanjaar nog net 23 robwelpies help teenoor 33 in 2022 en 44 in 2021 in die eerste maande van die jaar.

“Ons span ervaar tans uitdagings as dit daarby kom om verstrengelde welpies raak te sien. Dit is hoofsaaklik omdat die robkolonies tans baie groot is, met ’n paar duisend van hulle bymekaar. Gewoonlik verdeel hulle andersins in kleiner groepe.

“Die welpies is baie klein en daarom verdwyn hulle maklik agter die volwasse robbe,” het die Dreyers op hul Facebookblad verduidelik.

Die Dreyers het ’n jaar gelede – teen April 2022 – ook 26 robbe gehelp, terwyl een ontsnap het en vyf verstrengelde robbe nie gehelp kon word nie. Teen April 2021 het hulle 35 verstrengelde robbe gered, ses het ontsnap en 8 is opgemerk, maar kon nie gehelp word nie.

“Vir elke rob wat ons red, wonder ons altyd hoeveel ander seediere ly in stilte totdat die stuk rommel om hul nekke tot hul dood lei. Die honderde video’s wat ons wys van verstrengelde diere wat ons red, is maar net ’n druppel in die emmer. Die situasie is baie erger as wat ons ooit kan besef,” het Ocean Conservation Namibia (OCN) op hul Facebookblad verduidelik.

“As ons so voortgaan, hoe sal dit oor 50 jaar van nou af gaan? Dit is ’n onomkeerbare krisis. Ons is nou in die situasie waar organisasies wêreldwyd besef dat beleide ingestel moet word sodat ons die veiligheid van ons oseane kan verseker.

“Die krisis met plastiekbesoedeling is op die agenda en ons kan nie wag vir groot beleidsveranderinge of wette om ingestel te word voor ons ons gewoontes as individue verander nie. Dit moet nou gebeur.

“Doen asseblief jou deel en vermy om plastiek te gebruik wat net een keer benut kan word. Hergebruik waar jy kan, herwin en heroorweeg jou dieet sodat jy die kleinste impak moontlik op die planeet kan hê.

VERVAARDIGING

Die rolprent is deur Now Now Media en Plastic Oceans International vervaardig, in samewerking met Ocean Conservation Namibia.

Die rolprent sal vir drie dae lank op Vimeo on Demand gesien kan word, voor dit dan by die internasionale filmfees vertoon sal word.

Vimeo is ’n bekende platform waar belangstellendes kan inteken en ’n klein bedrag betaal om die rolprent te kan sien en kan by die volgende skakel besoek word: https://vimeo.com/ondemand/cuttingtheline

Die vervaardigers verduidelik dit is nodig dat die rolprent teen betaling beskikbaar gestel moet word eerder as om gratis aanlyn beskikbaar te wees, anders sal dit nie voorts op rolprentfeeste vertoon kan word of uitgesaai of op aanlyn dienste gestroom kan word nie.

Die geld vir die kaartjies gaan alles aan OCN asook Plastic Oceans International, wat hulle vir plastiekvrye oseane beywer. Belangstellendes kan OCN se Facebookblad volg om te sien hoe hulle gratis kaartjies kan wen en ook promosies vir skole te kan sien.

Vir meer inligting kan ’n e-pos na [email protected] gestuur word of die webwerf www.cuttingtheline.movie besoek word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 311.19/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 899.10/T DOWN -0.42% | Brent Crude Oil US$ 84.85/BBP UP +0.67% | Platinum US$ 979.95/OZ UP +0.59% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 311.19/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 899.10/T DOWN -0.42% | Brent Crude Oil US$ 84.85/BBP UP +0.67% | Platinum US$ 979.95/OZ UP +0.59%