Projek ’n finalis vir bewaringstoekenning

PURE Life Experiences-skou in September
Die projek sluit in 'n nuwe gebied van 28 000 hektaar wat die enkele grootste geregistreerde kommunale grondhuurpag in Namibië sal wees sodra dit geregistreer is.
Kristien Kruger
Ultimate Safaris is weer ’n finalis vir die PURE-toekennings. Dít nadat die maatskappy verlede jaar met die kreatiwiteitstoekenning vir sy Onduli Ridge-luuksekamp weggestap het.

Ultimate Safaris is vanjaar ’n finalis in die bewaringskategorie met sy projek, Protecting the Living Landscapes of the Doros Joint Management Area in Namibia.

Die PURE-toekennings, wat sedert 2014 aangebied word, het ten doel om die leiers in ervaringsreise (experiential travel) te vind. Die skou vind vanjaar vanaf 9 tot 11 September plaas. Die toekenning is elke jaar ’n hoogtepunt by die PURE Life Experiences-skou in Marrakesj, Marokko.

Tydens die skou kom leiers en innoveerders in die toerismesektor bymekaar vir netwerkgeleenthede, te leer en nuwe maniere te ontdek om te werk op so ’n manier wat gaste, maar ook die gemeenskappe en hul eie werksomgewing, bevoordeel.

“Oor die onderwerp van ’n grondeienaarskapdispuut het Ultimate Safaris se Conservation Travel Foundation, sowel as nieregeringsorganisasies (NGO’s) soos die Namibia Nature Foundation en Save The Rhino Trust, saam met die bewaringsgebiede Doro Nawas, Sorris Sorris en Uibasen Twyfelfontein gewerk om die nuwe Doros Gesamentlike Bestuursgebied van 28 000 hektaar te skep.

“Dit sal die enkele grootste geregistreerde kommunale grondhuurpag in Namibië wees sodra dit geregistreer is,” luidens ’n verklaring van Ultimate Safaris.

Die bekendstelling en ontwikkeling van kommunale bewaringsgebiede in Namibië is een van die mees suksesvolle onlangse bewaringsidees, volgens die verklaring.

Een rede hiervoor is die finansiële en tegniese ondersteuning wat toerisme-ondernemings in hul omgewing aan plaaslike gemeenskappe bied.

Dit help hulle “om strategieë te ontwikkel om die beskerming van die gebied en sy omgewing te verbeter”.

“Die Doros Gesamentlike Bestuursgebied dra by tot Namibië se bestaande bewaringsuksesverhaal aangesien dit die eerste keer in die land se geskiedenis is dat drie bewaringsgebiede kragte saamgesnoer het om ’n groot stuk grond vir bewaring te registreer.”

Ultimate Safaris verduidelik verder dat gemeenskappe wat aan hierdie gebied grens, langs vrylopende wild leef en dit sluit swartrenosters in.

“Hulle het besef dat die voordele daarvan weens toerisme veel groter is as die potensiële risiko’s. Die vestiging van die Doros Gesamentlike Bestuursgebied sal baie help om hierdie voordele te verhoog,” het Ultimate Safaris in sy verklaring gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A