No Image Caption

#PasIn: NWR ondersteun stryd teen korrupsie

Ellanie Smit
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het sy gewig agter die skoolkoorinisiatief teen korrupsie gegooi deur ‘n prys van N$15 000 aan die publieke stemproses te borg.

"Korrupsie is 'n siekte wat ons moet uitroei. Ongelukkig is dit ook hartseer om te hoor dat dit in ons midde gebeur. Ons hoop dat inisiatiewe soos hierdie aansienlik sal bydra tot die bewusmaking dat korrupsie verkeerd is," het Nelson Ashipala, woordvoerder van die NWR, gesê.

As 'n toonaangewende speler in die gasvryheidsbedryf, hoop NWR dat die prys die publiek sal aanmoedig om te stem en bewustheid oor die probleem sal skep. Hier is Ashipala (links) saam met Paulus Noah, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie (ACC).

Kommentaar

Republikein 2026-05-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer