NWR wil dienslewering opskerp

Intensiewe opleiding vir personeel
Namibia Wildlife Resorts (NWR) sê klagtes van besoekers aan die Etosha Nasionale Park word ondersoek en kry aandag.
Henriette Lamprecht
Namibia Wildlife Resorts (NWR) sal vanjaar nog die kwessie van dienslewering en veral die gebrek daaraan in die Etosha Nasionale Park hanteer. Deel hiervan is omvattende en intensiewe opleiding van personeel met duidelike klem op wat die korrekte en die verkeerde manier is.

Volgens NWR se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie en aanlyn media, Nelson Ashipala, word klagtes van onder meer swak dienslewering en buitensporige pryse nie ontken nie, maar hy het dit duidelik gemaak “ons is besig om daaraan aandag te gee, net soos ons die infrastruktuur met opknappings verbeter.”

Ashipala het erken opknappings aan infrastruktuur is nog nie voltooi nie, met net opknapping van Onkoshi wat afgehandel is.

“Wat ons sê, is dat ons weet die meeste van die geriewe is oud. Ons vra vir geduld soos ons ons infrastruktuur opdateer.”

KLAER SE LYS

Een besoeker aan die park oor die vakansieseisoen het in ’n plasing wat wyd op sosiale media gedeel is, gesê dit was asof die “pragtige diere hul beste wou gee om te vergoed vir die mense se onbevoegdheid, onverskilligheid en net eenvoudig nie omgee nie”.

Die skrywer beweer sy groepie moes meer as ’n uur wag om die park binne te gaan, “omdat die persoon by die hek nie kon skryf nie”.

Op hul tweede dag was daar geen vorms by die hek beskikbaar nie en moes die vorige dag se vorms gebruik word waarvan die besonderhede bloot doodgekrap is. Later is noodgedwonge glo skoon velle papier gebruik.

By betaalpunte is die skrywer en haar geselskap na bewering “totaal verkeerd” aangeslaan vir betalings wat glad nie met tariewe ooreengestem het nie.

’n Besoek aan die restaurant het ’n peperduur spyskaart opgelewer met ’n geroosterde toebroodjie wat jou N$100 uit die sak sal jaag. Niks op die spyskaart was glo beskikbaar nie, buiten vir ’n “game iets” wat ’n hele N$350 per porsie beloop het.

Rakke in die kiosk was meestal leeg en die paaie sinkplaat en vol gate en slote. Die grootste skok was egter die toestand van die openbare toilette op Okakuejo “wat te erg is om te bespreek”.

“Daar is soveel potensiaal en moontlikhede om Namibië se naam en inkomste uit toerisme ’n hupstoot te gee en werk te skep, maar waar is die mense wat dit wil laat werk?” vra die skrywer.

ONDERSKEIE ROLLE

Volgens Ashipala is die toegang tot die park die verantwoordelikheid van die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en behoort onderskeid getref te word tussen geriewe wat deur die ministerie en NWR bestuur word.

Met verwysing na die duur spyskaart sê Ashipala inflasie en die park en die ruskampe se afstand van die geriewe van dorpe moet in ag geneem word.

“Ons het dit ondersoek en waar veranderings aangebring kan word, sal dit gedoen word.”

Volgens Ashipala is die onbeskikbaarheid van voedselitems iets wat in enige bedryf gebeur.

“Dieselfde mense sal kla as ons bv. sekere kosse met sout verkoop. Tekorte aan kosprodukte gebeur in die hotelbedryf, iets wat ek glo die geval was op die dag van die persoon se besoek.”

MILJOENE VIR PAAIE

Die omgewings- en toerismeministerie het laat verlede jaar gesê dit beoog om teen die einde van die vakansieseisoen al die paaie in die park te herstel. Volgens die woordvoerder, Romeo Muyunda, het paaie in die park agteruitgegaan omdat die masjinerie wat gebruik word om paaie te skraap, herstel moes word.

Paaie in die suidooste van die park tussen Okaukuejo, Halali en Namutoni sou teen die einde van die Kersseisoen herstel wees. Luidens ’n onlangse verklaring het dié ministerie reeds N$35 miljoen belê vir die verbetering van die paaienetwerk in die park. In totaal is 195 km se paaie gebou en voltooi. Dit sluit in 69 km tussen Sonderkop en Olifantsrus en 126 km tussen Olifantsrus en die Galton-hek, insluitend die dolomiet-ompad na die kus, teen ’n koste van N$35 miljoen.

’n Bykomende N$71,3 miljoen sal glo in die 86 km-pad tussen Ozonjuitji en M’bari na Okaukuejo belê word.

Hy sê die ministerie fasiliteer ook die toepassing van ’n strategie vir onderhoud van paaie (in totaal sowat 213 km), wat onlangs deur die kabinet goedgekeur is en op verskeie paaie-afdelings gemik is.

Die padbouprojek sluit ֹ’n lae volume geseëlde pad, die boor van ’n noodboorgat, asook waterpomptoerusting in.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

H.E. Dr Nangolo Mbumba, President of the Republic of Namibia says they will continue to pursue the second struggle of Namibia Zambian President, Hakainde Hichilema said one road will be named after the late president in Lusaka and the other road will be named after the founding president of Namibia The late President Hage Geingob’s casket was stationed at the Eternal Flame before he was taken to his final resting place The casket will of the late president was lowered with a 21 gun salute Accoutrements will be handed over to the former first lady of Monica Geingos An official luncheon by invitation is scheduled to take place at 14:00 at the State House The foreign dignataries are currently paying their last tribute to the former first lady, Monica Geingos Heroes Acre will be closed to the public, the National Council will announce once it is reopenedLaLiga: Celta Vigo 1 vs 0 Almería SerieA: SS Lazio 0 vs 1 AC Milan | Internazionale 4 vs 0 Atalanta | Sassuolo 1 vs 6 Napoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 2 vs 1 Coventry City FA Cup: Liverpool 3 vs 0 Southampton | Nottingham Forest 0 vs 1 Manchester United | Wolverhampton Wanderers 1 vs 0 Brighton & Hove Albion | Chelsea 3 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 2 vs 1 Coventry City Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 25° | 36° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 21° | 34° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:06, High tide: 07:00, Low Tide: 01:07, High tide: 19:28 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:04, High tide: 06:58, Low Tide: 01:05, High tide: 19:26 Walvis Bay: 17° | 24° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:04, High tide: 06:57, Low Tide: 01:05, High tide: 19:25 Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 23° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 23° | 36° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 31° Maseru: 13° | 32° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 19° | 26° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 31° #REF! #REF!