Namibia Wildlife Resorts hoop om volgende jaar sy dienste op te skerp. Foto NWR
Namibia Wildlife Resorts hoop om volgende jaar sy dienste op te skerp. Foto NWR

NWR beoog om oorde, dienste te verbeter

Toekomsplanne om kampterrein op te knap
Namibia Wildlife Resorts deel dié staatsinstansie se planne om sy dienste en geriewe op te skerp.
Iréne-Mari van der Walt
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het die afgelope maande onder skerp kritiek deurgeloop vir onder meer die instandhouding van paaie in die Etosha Nasionale Park, asook etes wat by verskeie oorde en kampeerplekke oraloor die park te koop aangebied word.

NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, meen die openbare kritiek bied aan die maatskappy die geleentheid om sy dienste te verbeter.

Hy sê die Covid-19-pandemie se skadu hang steeds oor die NWR.

“Gedurende die pandemie het ons aan ons werknemers ’n skeidingspakket aangebied, en talle van ons meer ervare sjefs en kokke het dit aanvaar,” het hy gesê.

Hy sê egter dat NWR bereid is om sy foute te erken en sy dienste te verbeter.

“Ons wil ons werknemers se vaardighede opskerp, dus stuur ons hulle in die nuwe jaar vir opleiding. Ons het reeds die opleidingsinstansies geïdentifiseer en sal vroeg in die nuwe jaar reeds begin met die nodige personeelopleiding,” het Ashipala gesê.

Hy het alle navrae rakende die instandhouding van paaie en die Namutoni-fort onderskeidelik na die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme en die Nasionale Erfenisraad verwys.

KAMPEERPLEKKE

Ashipala sê NWR is tans besig om planne te ontwikkel om sy kampeerterreine op te knap.

“Ons besef die geriewe by van ons kampterreine is in ’n vervalle toestand, maar mens moet onthou dat talle van daardie infrastruktuur in die 80’s gebou is.

“Dit is ’n lang en duur proses om dit te verwyder en te vervang. Dus kan NWR nie al die geld wat ons vir onderhoudswerk begroot het aan dié projekte bestee nie. Ons moet sorg dat ons finansies eweredig aangewend word,” het hy gesê.

Hy voeg egter by: “Ons het reeds geld vir die opknappingswerk bewillig. Benewens die opknappingsbegroting het ons N$16 miljoen geoormerk om volgende jaar ons geriewe te verbeter.”

Asphipala het bygevoeg verskeie lede van NWR se topbestuur is tans besig om om die beurt besoek aan verskeie oorde af te lê om kwessies rakende die gehalte van die NWR se diens te identifiseer.

BETER TOEKOMS

Ashipala het gesê NWR is tans ook besig om ’n nuwe produk te ontwikkel.

“Ons wil volgende jaar ’n nuwe diens van stapel stuur waar besoekers aan ons oorde eenvoudig ’n kode kan skandeer en klagtes op ons stelsel kan aanmeld.

“Ons is ernstig oor die opknapping en verbetering van ons oorde en ons dienste.”

Hy meen daar is geen rede dat NWR nie kan byhou met sy private mededingers nie.

“Ons sê nie ons is perfek nie, maar ons hoop om perfek te word. Ons moet op ons beste wees,” het hy gesê.

Volgens Ashipala sal NWR oor die komende jaar daarop fokus om ’n topgehalte ervaring aan Namibiërs teen sakpaspryse te bied.

“Ons wil hê Namibiërs moet reis en die land teen die laagste koste moontlik ervaar. Dit is hoekom ons ’n inisiatief soos die Namleisure-lidmaatskap aanbied.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%