Die besturende direkteur van HAN, me. Gitta Paetzold, asook die meerderheid van die aanwesiges en die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, blyk optimisties oor die toekoms van die toerismebedryf te wees. Foto Frank Steffen
Die besturende direkteur van HAN, me. Gitta Paetzold, asook die meerderheid van die aanwesiges en die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, blyk optimisties oor die toekoms van die toerismebedryf te wees. Foto Frank Steffen

Nuwe horisonne wink vir toerisme

Vyf konsessies in die Suide toegeken
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het 'n beroep op sy lede gedoen om die verwagte oplewing in die toerismebedryf met nuwe energie te benader.
Frank Steffen
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het onlangs gedurende die kongres van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) – wat op Lüderitz plaasgevind het – vyf nuwe konsessiehouers vir die Tsau //Khaeb (Sperrgebiet) Nasionale Park langs die kus van die suidelike Namibwoestyn aangekondig.

Gedurende die kongres, wat Saterdag met ’n galageleentheid en prysuitdeling afgesluit is, is die grondslag gelê vir wat die nabye toekoms vir die Namibiese toerismebedryf inhou.

Die besturende direkteur van HAN, me. Gitta Paetzold, asook die meerderheid van die aanwesiges en die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, blyk optimisties oor dié toekoms te wees. Die kongres was ’n doelbewuste poging om toerisme te laat herleef en besoekers aan Namibië terug te verwelkom sodra die Covid-19-pandemie onder bedwang is.

Die aankondiging van die vyf nuwe konsessiehouers was die omgewingsministerie se poging om dié inisiatief te ondersteun. Die streekraadslid, me. Suzan Ndjaleka, het gesê sy sien uit om besoekers na hierdie deel van die land te verwelkom.

“Die manier waarop die konsessies geadverteer en die aansoeke beoordeel is voor die toekenning daarvan, was deursigtig en ek moet dus die minister en sy span gelukwens met die uitvoering van hierdie proses.”

Die nuwe konsessiehouers is mnr. Bernd Römer (Roter Kamm-kratergebied), mnr. Theunis Keulder (Bogenfels Coast and Mining), P Head (Kolmanskop-spookdorp), mnr. Rudolph Dausab (Noordelike Sand en See) en mnr. Tony Bessinger (Oranjerivier). Al dié konsessiehouers het onderneem om die roetes of omgewing wat aan hulle toevertrou is, te bewaar en te beskerm.

SAMEHORIGHEID ’N VEREISTE Shifeta het sy misnoë uitgespreek oor die feit dat die pandemie ’n demper geplaas het op 'n ontwikkeling wat reeds in 2018 en 2019 onder sy leiding begin het, toe die Tsau //Khaeb Nasionale Park bestem was om vir die publiek oopgestel te word.

Die minister het HAN van sy ministerie se ondersteuning verseker, met die hoop dat dié organisasie Namibië deurgaans as ’n toerismebestemming sal bevorder.

Shifeta het gesê nou is die tyd vir die bedryf om hande te vat en ’n “nuwe toerisme-omgewing na-Covid-19 as ’n verenigde front aan te pak”.

Die navorser, dosent en omgewingspesialis, dr. Antje Burke, het tydens die geleentheid beklemtoon die enorme biodiversiteit van die Sperrgebiet het grootliks ongeskonde gebly – juis omdat die myngebied vir toeriste ontoeganklik gebly het.

Sommige plante in hierdie relatief klein gebied is endemies.

“Dit klink vreemd, maar dis ’n feit dat mynbedrywighede nie oral in die gebied plaasgevind het nie en gevolglik het die fauna en flora behoue gebly.”

Die konsessiehouers se tenders het egter groot klem daarop gelê om hierdie eiesoortige deel van Namibië vir toekomstige geslagte te bewaar.

’n Onverwagse gasspreker was Namibië se voormalige Mej. Heelal, Michelle McLean, wat die geleentheid danksy die O&L-groep kon bywoon. In haar toespraak by die galageleentheid Saterdagaand het sy dit duidelik gemaak sy doen alles in haar vermoë vir die herlewing van hierdie sektor en “selfs om beleggers na Namibië te bring”.

Sy het ’n ope uitnodiging aan alle rolspelers in die toerismebedryf gerig om met nuwe idees vorendag te kom wat sy na die Amerikaanse toerismemark kan neem.

TOERISME BLY DOELGERIG Die prysuitdeling het deel gevorm van die galageleentheid wat in die ou balsaal van die voormalige myndorp Kolmanskop gehou is.

’n Groot aantal sogenaamde Eco Awards is vir die jare 2019, 2020 en 2021 oorhandig en het as bewys gedien dat rolspelers in die toerismebedryf – ondanks al die teëspoed – getrou gebly het aan hulle beginsels.

Die verskuiwing van die geleentheid na hierdie historiese ligging was deel van die poging om die Destination Namibia-inisiatief meer trefkrag te gee. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%