Kronkelroete gee agritoerisme ‘n hupstoot

Slow Mile Meander
'n Nuwe kuierroete in die gebied suid van die Waterberg sit skop in Namibië se plaasvakansie-ervaring.
Ronelle Rademeyer
Plaasvakansies, of agritoerisme, in Namibië is tot onlangs nog grootliks met die jagbedryf vereenselwig en beskou as ’n sektor van toerisme wat op oorsese jagters vir besprekings steun.

Toe die Covid-19-pandemie in 2020 landsgrense gesluit en buitelandse toerisme onmoontlik gemaak het, was dit gou op sosialemediaplatforms duidelik plaaslike toeriste is uitgehonger vir reisgeleenthede en soek nuwe ervarings.

Inligting oor oulike kampeerplekke en interessante roetes en plekke word deesdae gereeld op die Facebookblaaie van inisiatiewe soos Padlangs in Namibië of Camping in Namibia gedeel.

'n Nuwe dis op die spyskaart vir plaaslike toeriste is die Slow Mile Meander. Dit is ’n kronkelroete suid van die Waterberg, en oos van die B1 tussen Okahandja en Otjiwarongo.

Die roete kan kuier-kuier oor drie dae aangepak word en bied ’n ware plattelandse wegbreek na pragtige plase, goeie akkommodasie, ’n opgaardam, skemerkelkies in die veld, wildbesigtiging, ’n tweedehande boekwinkel en koffiekroeg, kunshandwerkwinkel, ’n snuffelwinkel vol antieke meubels en tipiese plaaslekkernye soos biltong en ingelegte produkte insluit.

Bianca Sohrada, wat saam met haar man Hans op die plaas Ouhave met onder meer Nguni’s boer, sê dit is die gebied se onontdekte sjarme wat hulle en ander mense op die roete laat besluit het om dit as ’n reisgeleentheid te bemark.

“As gaste by Ouhave Country Home wil besoek, kan hulle dit rit hierheen kuier-kuier aanpak,” sê Bianca.

Buite Okahandja draai hulle af op die Hochfeldpad en kan, as hulle belangstel, binne 400 m weer regs draai na Okonjoka Antiques van Herman Steyn waar ’n verskeidenheid antieke meubels en artefakte verkoop word, sê sy.

Van daar af kan hulle na die Omatakodam ry, wat aan die D2404 geleë is. Bianca sê die dam se besonderse voëllewe maak dit 'n paradys vir voëlkykers. Boonop is dit ook die ideale plek om piekniek te hou.

Van die dam af ry mense verder met die D2404 tot waar die pad na die Osire-vlugtelingskamp afdraai.

Ouhave van die Sohradas is aan die D2459, 250 km vanaf Windhoek geleë.

Buiten die tien gerieflike gastekamers, is daktent-kampering ook moontlik.

Die aktiwiteite op die plaas sluit ‘n plaastoer waartydens Hans hulle van die Nguni-beesras en inheemse kleinveerasse op Ouhave vertel.

Bianca en haar buurvrou, Helga Kebbel, bedryf ook Ekoti Crafts van die plaas af. Hulle ontwerp en maak dekorartikels en handsakke van gelooide Nguni-velle.

Ekoti Crafts verkoop ook biltong en ander vleisprodukte, volstruiseiers wat met Nguni-ontwerpe beskilder is en ander kunshandwerk.

Die volgende dag kan gaste plaas Penwood van Janus en Maritza Lepen besoek. Dit is aan die C30 geleë.

Hier kan hulle ’n wildbesigtigingstoer doen en ’n skemerkelkie in die veld geniet, vanwaar hulle ’n mooi uitsig op die Waterberg het. Maritza sê mense kan dan of terugry na die Sohradas en daar oorslaap, of op Penwood kamp. Sy sê hulle beskik nog nie oor die nodige geriewe nie en hierdie opsie is net vir mense wat goed ingerig is en van ’n primitiewe kamperingservaring in die veld hou.

Die Lepens beplan egter om akkommodasiegeriewe op te rig.

Maritza lê allerlei lekkerhede in en verkoop ook vars plaasprodukte aan besoekers. Die Lepens produseer ook houtskool en besoekers kan beleef hoe dit gedoen word.

Bianca sê die idee is om van daar af Otjiwarongo toe te gaan waar verskeie mooi gastehuise en lodges is. Bushpillow is die een wat deur lede van die Slow Mile Meander aanbeveel word.

Nog een van die ervarings op die roete is die Bohemia Bookshop & Coffee Bar op Otjiwarongo. Dit is ’n sjarmante snuffelwinkel vol tweedehandse boeke, klere en ander items. Koffee, tee, koek en ligte etes word bedien.

Vir meer inligting oor die roete, kan mense vir Bianca by 081 289 8287 of [email protected] kontak. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!