Foto ter illustrasie/WILFRIED HANHNER
Foto ter illustrasie/WILFRIED HANHNER

Koebaai Etosha

Toerisme die grootste slagoffer
Die verslegtende toestand van paaie in die park hou 'n risiko vir voertuie in.
Ellanie Smit
Toeroperateurs en motorverhuringsmaatskappye is keelvol vir leë beloftes oor die uiters swak toestande van paaie in die Etosha Nasionale Park en het begin om hul voertuie uit die park te onttrek.

Rohl’s Tours & Safaris het in ’n kennisgewing gesê: “Ons is hartseer om te sê dat ons maatskappy vanaf 1 Desember nie meer die park met ons voertuie sal binnegaan nie. Die mense in beheer van die park het ons as ’n nasie in die steek gelaat, hulle het toerisme in die steek gelaat,” aldus die kennisgewing.

Die rede is die "aaklige" paaie en hul voertuie, busse en huurvoertuie wat breek en uitmekaar val.

“Ons sal steeds die lodges naby Etosha ondersteun, van hul wildbesigtigingsvoertuie gebruik maak of ons sal private wildreservate ondersteun wie se paaie en dienste aan die verwagtinge voldoen.

“Dit is baie hartseer dat die mense in beheer nie hul fokus op die reuseprobleem geplaas het nie.”

Chameleon Safaris gaan ook nie meer die park met hul voertuie binnegaan nie. Hulle kan ongelukkig nie uit die park bly nie, maar kan van private wildbesigtigingsvoertuie gebruik maak.

“Die skade aan ons voertuie en toenemende koste vir instandhouding het buite beheer geraak.”

Intussen het voertuigverhuringsmaatskappye aangekondig hulle het reeds besluit om uit sekere gebiede in die park soos Etosha-Wes te bly.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme belowe reeds sedert die begin van die jaar dat die paaie in Etosha verbeter sal word en het onlangs herhaal dat dit voor die feesseisoen gedoen sal word.

Die ministerie erken toeriste en toeroperateurs se kommer oor “sommige paaie” in die park en gee in ’n verklaring die versekering dat dit as ’n dringende kwessie hanteer sal word.

Die grootste kommer is die pad vanaf Okaukuejo na Namutoni, sê die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda.

Volgens hom is die rede vir die swak toestand van die pad die hoë volumes verkeer wat lei tot ’n verlies aan gruis, slaggate en dreineringsprobleme.

As ’n onmiddellike oplossing, sê Muyunda het die ministerie drie padskrapers ontplooi om die paaie vanaf

Halali na Namutoni, Okaukuejo na Halali en Namutoni na die King Nehale-hek te skraap.

“Ons verwag dié ingryping sal die toestand van die paaie in die spesifieke dele binne ’n tydperk van twee weke verbeter,” het hy gesê.

As ’n langtermynoplossing sal die opgradering van die paaie van gruis na teer binnekort begin.

Die paaie wat geïdentifiseer is, is die stuk vanaf

Okaukuejo, Halali, Namutoni tot by King Nehale.

Volgens Muyunda het die ministerie sedert 2018 die westelike gedeelte van die toeristepad vanaf

Okaukuejo na Galton-hek gerehabiliteer en het meer as 200 kilometer teen Maart 2024 opgegradeer.

“Terwyl die kwessie getakel word, moedig ons besoekers aan om alternatiewe roetes vanaf Okaukuejo na Halali via Gemsbokvlakte, Olifantsbad en Aus te gebruik vir ’n beter reiservaring.”

Besoekers en toergidse braak gereeld op sosiale media gal oor die verslegtende toestand van paaie in die park.

Verskeie plasings verwys na hul geweldige frustrasie met die paaie wat “hop en skud” wat nie net die gemak van reisigers raak nie, maar uiteindelik ook ’n risiko vir voertuie en ook vir plaaslike toerisme inhou.

Die ministerie het verlede jaar gesê ’n totaal van

224 kilometer paaie in die park is gerehabiliteer en waarvan 86 kilometer tot bitumen-standaard opgegradeer is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 36° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 28° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 32° Tsumeb: 19° | 23° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 19° | 31° Windhoek: 18° | 28° Gobabis: 19° | 30° Henties Bay: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:56, High tide: 07:46, Low Tide: 02:00, High tide: 20:14 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:54, High tide: 07:44, Low Tide: 02:00, High tide: 20:12 Walvis Bay: 15° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:54, High tide: 07:43, Low Tide: 02:00, High tide: 20:11 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 23° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 14° | 23° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 19° | 34° Windhoek: 18° | 28° Cape Town: 16° | 22° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 34° Harare: 17° | 32° Currency: GBP to NAD 22.61 | EUR to NAD 18.83 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.25 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.63 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.07 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.9 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 49.25 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1680.41 | USD to ZAR 17.5 | USD to ZMW 27.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.29 Up +1.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14487.67 Up +1.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31267.47 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 687.94/OZ DOWN -0.007 | Copper US$ 4.32/lb DOWN -0.0227 | Zinc US$ 2 993.80/T DOWN -2.24% | Brent Crude Oil US$ 74.83/BBP DOWN -0.0144 | Platinum US$ 980.90/OZ DOWN -0.0163 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 24° | 36° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 28° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 32° Tsumeb: 19° | 23° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 19° | 31° Windhoek: 18° | 28° Gobabis: 19° | 30° Henties Bay: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:56, High tide: 07:46, Low Tide: 02:00, High tide: 20:14 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:54, High tide: 07:44, Low Tide: 02:00, High tide: 20:12 Walvis Bay: 15° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:54, High tide: 07:43, Low Tide: 02:00, High tide: 20:11 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 23° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 14° | 23° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 19° | 34° Windhoek: 18° | 28° Cape Town: 16° | 22° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 34° Harare: 17° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.61 | EUR to NAD 18.83 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.25 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.63 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.07 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.9 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 49.25 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1680.41 | USD to ZAR 17.5 | USD to ZMW 27.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.29 Up +1.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14487.67 Up +1.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31267.47 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 687.94/OZ DOWN -0.007 | Copper US$ 4.32/lb DOWN -0.0227 | Zinc US$ 2 993.80/T DOWN -2.24% | Brent Crude Oil US$ 74.83/BBP DOWN -0.0144 | Platinum US$ 980.90/OZ DOWN -0.0163